TransNamib ignoreer 'n kabinetsbevel

TransNamib beplan om teen 'n hofuitspraak te appelleer om sy aandele in die Swakopmund Hotel and Entertainment Centre te behou.
Sanet de Waal
Mathias Haufiku



TransNamib Holdings het 'n bevel van die kabinet geïgnoreer wat die spoorwegmaatskappy wil weerhou om teen 'n hofuitspraak van September 2020 te appelleer.

Die hof het beslis die maatskappy moet sy 50%-aandele in die Swakopmund Hotel and Entertainment Centre aan sy vennoot vir N$5 miljoen verkoop. Die hotel word op sowat N$350 miljoen gewaardeer.

TransNamib en Stocks and Stocks Leisure Namibia is gelyke aandeelhouers in die gesamentlike onderneming, met N$111 miljoen se laste en 'n batebasis van altesaam N$65 miljoen.

Die uitvoerende hoof van TransNamib, mnr. Johny Smit, het bevestig die appèlaansoek is verlede maand ingedien.

Stocks and Stocks beskuldig TransNamib dat hy nie sy finansiële verpligtinge teenoor die onderneming nagekom het nie, terwyl die spoorwegmaatskappy beweer sy vennoot het nie die onderneming goed bestuur nie. TransNamib voer verder aan hy het sedert die oprigting van die hotel 26 jaar gelede geen dividende ontvang nie.



JOOSTE EN TJIJOROKISA

Amptelike korrespondensie tussen die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, en die voorsitter van TransNamib se direksie, adv. Sigrid Tjijorokisa, toon dat die minister so ver gegaan het dat hy die kabinet beywer het om enige appèlaansoeke te keer. Dit ten spyte daarvan dat die direksie besluit het dit is “nie in die maat­skappy se beste belang” om nie te appelleer nie.

Jooste het op 23 November 2020 aan Tjijorokisa geskryf dat TransNamib nie teen die hofuitspraak moet appelleer nie en dat hy aan die beslissing moet voldoen.

“'n Oplossing vir hierdie aangeleentheid is vir 'n onaanvaarbare uitgerekte tydperk onnodig vertraag en het die vermoë van die entiteit om optimaal te funksioneer in gevaar gestel, terwyl die lewensbestaan van die werknemers die afgelope maande, as gevolg van die dooiepunt, ook negatief beïnvloed is,” het hy geskryf.

Die direksie het by monde van Tji­jorokisa ses dae later geantwoord dat teen die beslissing geappelleer moet word, omdat “die uitspraak nadelig was”.



CCOPP WORD BETREK

Nadat die direksie geweier het om sy voorskrifte na te kom, het Jooste daarin geslaag om die kabinetskomitee oor algehele beleid en prioriteite (CCOPP) te oorreed om in te gryp. Pres. Hage Geingob is die voorsitter van dié komitee.

“Die CCOPP beveel die minister van staatsondernemings om TransNamib opdrag te gee om die uitspraak van die hoërhof te gehoorsaam en om ten gunste van Stocks and Stocks die appèl te laat vaar,” skryf Jooste op 11 Desember 2020 in 'n brief aan die direksie.

Volgens dié brief het die CCOPP ook die minister gemagtig om Stocks and Stocks te beveel om dringend die 178 werknemers van die hotel weer in diens te neem en uitstaande salarisse vanaf Maart 2020 te betaal.

Die direksie het op 23 Desember 2020 geantwoord die maatskappy sal nie die appèlproses laat vaar nie.

Jooste het gesê die saak moet in die belang van die werknemers afgehandel word, maar Tjijorokisa het geskryf die direksie word nie deur sy skielike ommekeer geflous is nie.

“Dit is verbasend hulle wil nou die kwessie van personeel as ver­swarende omstandighede gebruik, terwyl mense wat direk deur hulle aangestel is gunstiger voordele ontvang en steeds betaal word.

“Die bogenoemde redes word deur die direksie ondersteun. Dit is ons voorlegging aan u agbare kantoor om TransNamib se appèlaansoek te ondersteun,” het Tjijorokisa gesê.

Die minister het Maandag gesê hy het die saak met die direksie bespreek sodat hy meer begrip van hul standpunt kan kry.

“Ná afloop van die konsultasies het ek na die kabinet teruggekeer om toestemming te vra dat 'n alternatiewe oplossing gevind word en ons konseptualiseer dit tans,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%