TransNamib het spoorlyn Maandag geïnspekteer

24 December 2020 | Ongelukke
TransNamib het in ‘n mediaverklaring bevestig dat die ernstig beseerde persoon in die treinongeluk gisteraand tussen Mariental en Keetmanshoop, vandag na Windhoek met ‘n private ambulans vervoer is.
“Die beseerde persoon het vermoedelik ‘n fraktuur opgedoen, maar wag nog vir die X-strale,” het die hoof van korporatiewe kommunikasie, me. Abigail Raubenheimer, gesê.
Sy sê TransNamib betreur die ongeluk wat omstreeks 22:30 tussen Brukkaros en Asab, sowat 115 km vanaf Keetmanshoop, plaasgevind het.
Die trein was vanaf Keetmanshoop na Windhoek met 75 passasiers en drie TransNamib-personeellede onderweg.
“Die lokomotief, drie passasierswaens en een wa het ontspoor. Nooddienste was dadelik na die toneel ontbied. Altesaam 37 passasiers en die drie personeellede is na die Keetmanshoop-hospitaal geneem.”
Volgens Raubenheimer dui die voorlopige ondersoek aan dat die treinspoor weens die onlangse reën in die Suide weggespoel het.
“TransNamib het voor die reis die spoorlyn geïnspekteer. Die laaste inspeksie is op Maandag, 21 Desember gedoen,” het sy bevestig.
Raubenheimer sê noodpersoneel is op die toneel om inligting in te samel, maatreëls vir veilige toerusting te implementeer en te verseker dat die gebied veilig is.
“Sodra die gebied veilig is, sal ‘n deeglike ondersoek na die oorsaak van die ongeluk van stapel gestuur word, asook ‘n plan om die spoorlyn te herstel.”
TransNamib bedank die nooddienste en almal wat hulp verleen het vir hul ondersteuning.
“Ons spreek ons diepste jammerte aan die beseerdes uit en sal alle moontlike hulp aan hulle verskaf,” sê Raubenheimer.
Foto verskaf

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
48 minute gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
16 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
16 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
16 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
16 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
16 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
16 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
16 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies