TransNamib: Eerder herontplooi as aflê
Die spoorweg- staatsonderneming is van plan om sy padvervoerondernemings te sluit.
Augetto Graig - Die nasionale spoorwegonderneming, TransNamib, het bevestig hy gaan sy padvervoerafdelings sluit, maar volgens me. Ailly Hangula-Paulino, hul woordvoerder, beoog die onderneming nie om werknemers af te lê nie.
“Padvervoer sal in die nabye toekoms uitgefaseer en gesluit word,” het sy gesê.
TransNamib se TNX Express-afdeling verskaf daagliks afleweringsdienste vir pakkies van groot Suid-Afrikaanse stede soos Johannesburg, Durban, Kaapstad en Upington af na Namibië en terug.
Dié diens bereik tot 600 afleweringspunte in Suid-Afrika.
Die maatskappy se OPX Parcel Express het groter dorpe in Namibië bereik – veral wat die vervoer van kleiner besendings betref.
Volgens Hangula-Paulino het die staatsonderneming reeds met die herontplooiing van sy werknemers begin.
“TransNamib het begin met ’n herontplooiingsprojek om werknemers van die maatskappy ten beste te gebruik sodat geen werknemers afgelê word nie,” sê sy.
Die maatskappy verskaf werksgeleenthede aan 1 217 werknemers.
Vroeëre berigte het die indruk geskep honderde werksgeleenthede sal met die huidige verwikkelinge verlore gaan.
Hangula-Paulino sê TransNamib sal in die toekoms op spoorvervoer fokus, wat die kern van hul onderneming is.
“Ons werk ook aan die beste benadering vir kliëntegroei en beter doeltreffendheid,” sê sy.
“Wat vervoer tussen treinstasies en kliënte se persele betref, werk ons aan ’n oplossing om kliënte ten beste te dien,” sê sy.
TransNamib sal sy jaarverslag vir 2016-’17 binnekort aan die parlement beskikbaar maak.
Die onderneming se jaarverslag vir 2013 toon sy inkomste het in daardie jaar met 6,7% afgeneem – van N$565 miljoen tot N$527 miljoen.
Dít terwyl bedryfsuitgawes met 10% verhoog het van N$474 miljoen tot N$522 miljoen.
Die netto verlies in dieselfde jaar het van N$67 miljoen tot N$183 miljoen verhoog, terwyl skadevergoeding weens ontsporing meer as N$65 miljoen beloop het.
Die staatsonderneming se spoorwegnetwerk is op plekke tot 100 jaar oud, terwyl ou lokomotiewe en waens nie voldoende is nie.
Dít het in 2013 daartoe gelei dat die maatskappy N$183 miljoen verloor het, waarvan N$86 miljoen aan nuwe lokomotiewe, en N$4 miljoen aan ander voertuie bestee is.
N$6 miljoen is in hierdie tydperk aan vraghanteringstoerusting bestee.
In September het die maatskappy se raadsvoorsitter, mnr. Paul Smit, gesê die spoorweg se verouderde infrastruktuur, lokomotiewe en spoorwaens moet dringend vervang word om ’n betroubare diens aan besighede en die publiek te kan lewer.
Hy het ook genoem prestasie-ooreenkomste sal met alle TransNamib-werknemers en -bestuurders gesluit word om die stemming by die onderneming te verbeter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie