TransNamib buig knie voor werkers
TransNamib buig knie voor werkers

TransNamib buig knie voor werkers

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Die adjunkminister van werke en vervoer, mnr. James Sankwasa, het vanoggend met werkers van TransNamib in Windhoek vergader en belowe dat hulle bonustjeks op pad is. Werkers was verlede week woedend ná hulle twee dae voor betaaldag ingelig is dat daar vanjaar geen 13de tjeks van TransNamib sal wees nie. "Die regering sal toesien dat jul bonusse op die laaste Vrydag betaal word," het Sankwasa gesê.

Kommentaar

Republikein 2026-02-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer