Transaksie met Chinese gestop

Die Bank of New York het ‘n stokkie gesteek voor die Namibiese ministerie van verdediging se betaling aan ‘n Chinese maatskappy.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die ministerie van verdediging het in die vorige finansiële jaar ‘n bedrag van N$653 794 000 aan die tesourie terugbetaal.

Dit ná ’n Amerikaanse bank betaling aan ‘n Chinese verskaffer gestaak het.

Volgens die minister van verdediging, mnr. Penda ya Ndakolo, was die geld onder die subbegrotingspos “Wapens en Ammunisie”, bedoel vir die kontraktuele betalings vir die aankoop en vervoer van onderdele vir vliegtuie van Poly Technologies, ‘n Chinese maatskappy.

Volgens Ya Ndakolo is die geld, wat deur die Bank of New York uitbetaal sou word, voor die einde van die finansiële jaar deur die bank aan Namibië terugbetaal.

Dit het meegebring dat die verdedigingsbegroting vir 2016-'17 van N$6 600 539 000 afwaarts aangepas is tot N$5 945 000.

Vertragings van projek-implementering vanweë die afhanklikheid van buitelandse verskaffers is een van die struikelblokke wat deur Ya Ndakolo tydens die motivering van sy begroting genoem is.

Hy sê verdedigingstoerusting is nie geredelik op winkelrakke beskikbaar nie en omslagtige prosesse om toestemming vir die oordrag van buitelandse geld te kry, bemoeilik die ministerie se werk.

Poly Technologies is ‘n filiaal van die China Poly Groep Korporasie, ’n maatskappy wat verdedigingstoerusting vervaardig en waarvan die hoofkantoor in Beijing, China is.

Volgens ‘n verslag van die Chinese ministerie van handel in 2005 verdien dié maatskappy jaarliks tien miljarde Amerikaanse dollar in buitelandse valuta vir die Chinese regering.

Dit is dieselfde maatskappy wat betrokke was by die verskeping van wapens na Zimbabwe voor die 2008-verkiesingskrisis in die land. Die besending wapentuig is gestop en toegang tot Suid-Afrikaanse hawens geweier voor dit kon anker gooi.

Die Global Post het in 2013 berig dat Poly Technologies reeds vir ‘n geruime tyd op Amnestie Internasionaal se radar is vanweë wapenverskeping na konflikgebiede, veral in Afrika en omdat die maatskappy nie aan enige internasionale menseregtestandaarde voldoen wat op die uitvoer van wapens van krag is nie, het die hoof van Amnestie Internasionaal se kantoor in Washington, Frank Jannuzi, aan die koerant gesê.

“Om skepties te wees oor die Chinese se vermoë om hul eie wapenhandel te reguleer is geldig wanneer dit by ‘n maatskappy soos Poly kom,” het Jannuzi bygevoeg.

‘n Verslag van die Rand Corporation, ‘n globale dinkskrum, in 1997, sê die maatskappy is ‘n frontorganisasie vir die Chinese volk se bevrydingsleër.

Die verslag het die maatskappy gekritiseer vir die onwettige uitvoer van 2 000 AK-47 aanvalswapens na Amerika in 1996.

Poly Technologies doen volgens Amnestie Internasionaal ook sake met Soedan, Sirië en Iran.

Ya Ndakolo het in sy begrotingsmotivering ook gekla oor die gebrek aan prestasie deur sommige swart ekonomiese bemagtigingskontrakteurs en -verskaffers.

Volgens Ya Ndakolo is sy ministerie se werksaamhede ook in die wiele gery deur begrotingsbesnoeiings wat verlede jaar deur die minister van finansies aangekondig is toe Namibië ekonomies in diep waters was.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.05/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0097 | Zinc US$ 2 898.50/T UP 0.83% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 953.09/OZ UP +1.96% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.05/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0097 | Zinc US$ 2 898.50/T UP 0.83% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 953.09/OZ UP +1.96%