Trane van vreugde vir Bokke
Rugby
Stephen Nell – Morné Steyn het Saterdagaand, soos in 2009, die reeks tussen Suid-Afrika en die Britse en Ierse Leeus deur sy skopstewel (19-16) met 2-1 beklink.
Die een in die Kaapstad-stadion was ’n aansienlik makliker skop as die een op Loftus Versfeld 12 jaar gelede.
Die Bokke moes egter diep delf vir dié oorwinning. Trouens, die Leeus was grootliks baas in die eerste helfte, en kon maklik met die omdraaislag veel verder as 10-6 voor gewees het.
Dan Biggar, hul bestendige maar konserwatiewe losskakel, is ná 10 minute beseer wat die weg gebaan het vir Finn Russell. Die gevolg was ’n inspuiting en onvoorspelbaarheid in die Leeus se aanvallende spel wat die Bokke dikwels in die eerste helfte hoofbrekens besorg het.
Biggar het vroeg in die wedstryd ’n kans verbrou om die Leeus deur ’n strafskop die voorsprong te gee waarna Suid-Afrika vir ’n rukkie op die voorvoet was. Handré Pollard het dit 3-0 van die skopkegel af gemaak, maar die gelykmaker het enkele minute later deur Russell se stewel gekom.
Die Leeus se eerste drie het gekom toe die Bokke vir ’n hoogvat gestraf is. Die bal is in die hoek uitgeskop en Ken Owens is van die dryfmaal af oor die doellyn om met 10-3 voor te loop.
Vyf minute voor die einde van die eerste helfte het Pollard vir die Bokke drie punte se verligting gebring (10-6).
Soos in die tweede toets het die Bokke ná rustyd ’n ekstra rat gevind waarmee die Leeus gesukkel het om saam te leef.
Die keerpunt het met ’n bietjie minder as ’n uur verstreke gekom. Ali Price het die wedstryd se soveelste hoë skop gelanseer en sekondes later was Cheslin Kolbe oor die doellyn van die teenaanval af.
Maar het Jasper Wiese die hoë bal aangeslaan? Dit het soos ’n ewigheid gevoel terwyl die skeidsregter, Mathieu Raynal, en die TV-skeidsregter, Marius Jonker, met mekaar beraadslaag. Uiteindelik is besluit dat die drie bly staan en met Pollard se doelskop was die Bokke met 13-10 voor.
Russell tref met ’n strafskop (13-13). Steyn maak die telling 16-13, maar Russel slaag weer met ’n strafskop 16-16. Met Steyn se laaste poging moes asem ophougehou word vir sy groot oomblik (19-16).
In 2009 was dit ’n heldedaad. Dié keer ’n sportsprokie wat in die annale van Springbok-rugby opgeteken staan.
Puntemakers:
Suid-Afrika 19 (6): Drie: Cheslin Kolbe. Doelskop: Handré Pollard. Strafdoele: Pollard (2), Morné Steyn (2).
Britse en Ierse Leeus 16 (10): Drie: Ken Owens. Doelskop: Finn Russell. Strafdoele: Russell (3).
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie