Tragedie tref Okahandja-gesin
’n Treurspel het Dinsdag buite die tuindorp afgespeel toe ’n skoolseun in ’n ongeluk gesterf het.
Denver Kisting – ’n Tienerseun het vermoedelik Dinsdagoggend sy lewe geneem deur glo voor ’n voertuig in te hardloop.
Dít kom nadat die 15-jarige Patrick Kazehepa uitgevind het hy het graad 9 gedruip.
Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die nasionale polisiewoordvoerder, het gister by navraag die voorval aan Republikein bevestig.
Volgens hom het die ongeluk omstreeks 11:20 Dinsdag ongeveer 3 km buite Okahandja op die Gross Barmen-pad plaasgevind.
’n 67-jarige vrou was volgens haar eie weergawe uit ’n noordelike rigting op pad suidwaarts.
Volgens haar was die seun aan die oostelike kant van die pad.
Die vrou het aan die polisie gesê die seun het na bewering voor haar sedan ingehardloop.
Sy het hom getref en hy is op die toneel dood.
Kanguatjivi sê in hierdie stadium kan die polisie nie beslissend sê die seun het wel sy eie lewe geneem nie.
’n Saak van strafbare manslag word teen die bestuurder ondersoek.
Wat wel bevestig is, is dat die seun sy gr. 9-rapport in sy besit gehad het wat toon hy het nie geslaag nie.
Kanguatjivi sê die seun het in die Smarties-buurt op Okahandja gewoon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie