Traagheid met aansoeke laat buitelanders hul weg na Namibië ‘koop’
Die situasie van buitelanders wat die ministerie van binnelandse sake en immigrasie hof toe sleep vir vertragings in hul aansoeke vir status in die land, bly ‘n uitdaging vir die ministerie.
Volgens die minister mnr. Frans Kapofi is daar ‘n aantal mense wat Namibië hul permanente, wettige tuiste wil maak.
“Weens uitgerekte, wettige en administratiewe prosesse wat ons gebruik, word ‘n aantal aansoeke nie hanteer nie of word daar baie laat daarop reageer,” het Kapofi gesê.
Dikwels ontvang die ministerie ook klagtes dat aansoekers se leêrs nie opgespoor kan word nie wat daartoe lei dat die ministerie voor die hof gedaag word.
“As gevolg van dié frustrasies koop aansoekers hul pad in die land in,” het Kapofi gesê en gemaan dit bly onwettig en moet nie geduld word nie. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie