Tour de France: Sagan wen derde skof, ondanks twee blapse
Padfietsry
Die wêreldfietsrykampioen, Peter Sagan van Slowakye (Bora-Hangrohe), het Maandag die derde skof van die Tour de France gewen ondanks twee foute in die naelrit op pad eindstreep toe.
Die skof oor 213 kilometer het van Verviers (België) tot Longwy (Frankryk) gestrek.
Sagan se wentyd was 5 uur, 7 minute en 19 sekondes. Hy is gevolg deur die Australiër Michael Matthews (Team Sunweb) en die Ier Daniel Martin (Quick-Step Floors).
Die Brit Geraint Thomas (Team Sky) het sy algehele voorsprong behou nadat hy agtste geëindig het.
Maar tot groot onrus van die ander jaers het die gunsteling, Chris Froome (Team Sky), tot die algehele tweede posisie opgeskuif en is hy nou net 12 sekondes agter Thomas.
Sagan se voet het in die naelrit uit die pedaal losgeraak, maar hy het kopgehou.
“Dis was nie maklik nie. Daar was baie druk in die peleton en aan die einde was dit beslis 'n strawwe klim (eindstreep toe),” het Sagan gesê.
“Die BMC-span het Richie Porte in 'n goeie posisie gekry en met 400 meter oor het ek besluit 'goed, hier gaan ek'.”
“Ek het aan myself gesê dit was te vroeg en toe kom my voet ook los. Nog 'n fout! Maar ek het dit teruggekry en is my noppies met my sege,” het Sagan gesê.
Suid-Afrika se Daryl Impey (Orica) het afgeskuif tot die algehele 19de posisie (+45 sekondes).
Louis Meintjies (UAE Emirates) is algeheel 42ste en sewende in die afdeling vir Jong Jaers.
Reinardt Janse van Rensburg (Dimension Data) is algeheel 52ste. –Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie