Totsiens, Shannon

16 November 2020 | Mense
Leandrea Louw op Walvisbaai – Roubeklaers het Saterdag in groot getalle opgedaag om finaal van me. Shannon Wasserfall (21) op Walvisbaai afskeid te neem.

Sy is in April vanjaar as vermis aangemeld en haar oorskot is op 6 Oktober in ’n vlak graf tussen die duine naby dié kusdorp ontdek.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn. Me. Azaan Madisia (28) en haar broer, mnr. Steven Mulundu (22), staan tereg op klagte van moord en dwarsboming van die gereg.

’n Gedenkdiens vir Wasserfall is Vrydagaand by die Narraville-rugbystadion gehou.

Shannon se ma, me. Poppie Wasserfall, het gesê geen woorde kan beskryf hoe sy voel nie.

“Jy was die lig van my lewe, my rots. Die lewe is koud en ek is beslis nie dieselfde sonder jou nie. Ek wens ons kon meer tyd saam hê. My hart is elke dag seer, die pyn sal nooit weggaan nie, maar ek vind troos by God. Ek sien jou glimlag in jou seuntjie, Junior.”

Haar pa, mnr. Tega Mathews, het gesê Shannon was sy sonskyn.

“Ek was só trots op haar. Ons is baie dankbaar vir die steun wat ons vanoor die land ontvang het. Ek het gedink sy sou 'n normale, gelukkige lewe hê.”

Die adjunkminister van inligting, kommunikasie en tegnologie, me. Emma Theofelus, het gesê dit is jammer dat 'n jong lewe kortgeknip is.

“Dié verlies volg op ’n lang lys van meisies en vroue wie se lewens ook deur geweld beeïndig is. Shannon is nie die eerste slagoffer van geweld nie. Ek bid elke dag dat sy die laaste sal wees, maar ongelukkig is baie vroue in ons land nog onveilig. Hierdie kwessie raak almal van ons.”

Theofelus het gesê dit is uiteindelik die jong generasie se verantwoordelikheid om dié neiging van geweld te beëindig.

“Ons moet bewus wees van kwessies oor geweld in ons gemeenskappe. Mag geregtigheid seëvier, want haar dood sal nie tevergeefs wees nie.”

Shannon se begrafnis het Saterdag uit die Rooms-Katolieke kerk in Kuisebmond plaasgevind.

“Ek sal nooit kan sien hoe sy ’n vrou word nie. Nou moet ek langs haar kis staan en van haar afskeid neem. Geen ouer wil sy kind begrawe nie,” het mnr. Neville Andre, Shannon se peetpa en goewerneur van die Erongostreek, gesê.

“Sy was pure sonskyn in ons lewens.” Die goewerneur het gesê Shannon se dood sal vir jare soos ’n donker wolk oor Walvisbaai en sy inwoners hang.

Mnr. Raymond Wasserfall het namens die familie gesê dat hulle die oortreders vergewe wat Shannon van hulle weggeneem het, maar dat geregtigheid moet geskied.
- [email protected]

Soortgelyk

 

Metro spoils its customers

1 uur gelede | Plaaslik

Metro Namibia celebrated its birthday in style once again by spoiling five lucky customers each to a trailer of their own, stocked with N$5,000-00 worth...

Vrou woon in haar motor by hospitaal

9 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Ses damme voller as 100%

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...

'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'

9 ure gelede | Byvoegsels

Ellanie Smit - Volgens ’n verslag wat aan die ministerie van staatsondernemings (SOE's) voorgelê is, staar Meatco likwidasie in die gesig indien hy nie kostes...

Hof kry Heritage Health voor stok

9 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die mediese fonds Heritage Health het 'n bloutjie in die hoërhof geloop nadat hy sy jaarlikse premies wou verhoog, maar dié stap...

'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'

9 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die nuwe leerplan vir skole in Namibië wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-stelsel volg, is vergelykbaar met die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat (SSS)...

#Indigiwalk Namibia in die pyplyn

9 ure gelede |

Augetto Graig – Die pad na 'n beter wêreld is eensaam en lank en mnr. Craig (Q7) Beckett, 'n Suid-Afrikaanse Khoisan-jagter, geneser en menseregte-aktivis, sal...

‘Geen personeel betrokke by stropery’

9 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het...