Totsiens, liefste Nora, jou erfenis leef voort
Estelle de Bruyn
Esi, Afra, Kweku en almal wat lief was vir Nora, my hart breek saam met julle.
Die diens Donderdagaand in die Lutherse kerk was só mooi, dit was gepas vir my vriendin, Nora.
Dit was statig en waardig en sy sou só trots op julle gewees het om te weet met hoeveel eerbied daar aan haar hulde gebring is.
Dit was nie ‘n konsert nie, maar ‘n eerbiedige afskeid vir ‘n vrou van haar formaat.
Julle is die wonderlikste kinders en gaan haar erflating nog ver die toekoms in dra.
Dit was die grootste eer om Nora te kon ken.
Sy was so ‘n dinamiese mens - ek skram weg van “vrou”, want dit beperk haar prestasies tot ‘n geslag.
Nora was dinamies as méns.
Sy kon by enigiemand kers vashou en opstaan en haar man/vrou/mens staan. Sy kon enigiemand intellektueel ore aansit.
Almal praat oor hoe “sterk” sy was. Ja, in die parlement was sy ‘n tour de force.
Sy het haar nooit deur tussenwerpsels of punte van orde laat afsit nie, sy het dit geïgnoreer en net met gesag voortgegaan.
Haar regop rug en die gelykmatige manier waarop sy alle mense, die lewe en politieke teenstanders behandel het, haar totale aanvaarding van my as mens, mét my wit vel, my geskiedenis, my verlede, haar onvoorwaardelike liefde vir haar familie, haar medemens en Namibië en die belangstelling wat sy in mense getoon het, haar ongelooflike liefde vir haar kleinkind - dit alles sal my bybly.
Ek het Nora in die aanloop tot die 1989-verkiesing leer ken en sy het my voete onder my uitgeslaan. Sy was sag en vroulik en vriendelik, maar onder die sagte vel was daar staal.
Dit was onmiskenbaar en vir my so vreemd destyds in ‘n wêreld waar mans die septer geswaai het.
Onthou, dit was amper 30 jaar gelede, en al was “gelykheid” en “geslagsgelykheid” die buzz words, wás daar geen gelykheid en geslagsgelykheid nie.
Nora het daardie grense met oënskynlik min moeite sommer net uit die pad gevee en op haar eie weë gestap, sonder verskoning en sonder enige erg en aandag.
Sy was dié baanbreker vir vroueregte, omdat geslag nooit ‘n kwessie vir haar was nie. Sy kón, so sy hét.
Telkens in die parlement deesdae staan ‘n vrou wat ‘n parlementslid (adjunkminister) is op en sy sê sy ondersteun die wetsontwerp op mikroleners omdat dit “geslagsensitief” is!
Ek val van my stoel af.
Of iemand (‘n ander adjunkminister) staan op en staan ‘n klousule in ‘n wetsontwerp oor mensehandel teen omdat daar verwys word na “vroue” wat verkrag word om babas te kry wat verkoop word “omdat dit nie geslagsvriendelik” is nie!
Ek slaan flou neer.
Nora sou, as sy hier was, en as ons in die teepouse in haar kantoor gaan tee drink het, haar stukkend gelag het vir hierdie idiotiese uitlatings.
Nora was my reddingsboei, my go to-persoon as ek nie weet wie om te vertrou, of wie ek moet vra, of van wie af om weg te skram nie.
My baken, my vriendin is weg.
Soos biskop Kameeta gesê het in die gedenkdiens Donderdagaand: Jy lewe in elkeen van ons voort wat die voorreg gehad het om jou te ken.
Lank lewe jy, my dierbare vriendin.
A luta continua.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie