Totsiens en hallo . . .
Augetto Graig - Hallo! Totsiens.
Hallo! Totsiens.
So gaan dit maar in die lewe.
Hallo! Iets nuut. Iemand nuut. Iets besonders.
Dan, net soos mense gewoond aan medereisigers en dinge raak: Totsiens. Baai-baai.
Hulle is weg. Net die herinneringe bly oor. Soms voel dit die persoon is nog naby; net in die ander kamer; net op 'n ander dorp.
'n Mens besef te laat wat die klank van daai spesifieke stem beteken het. Daar word dikwels gewens die tyd kan teruggedraai word; die dae kan weer oor gelewe word.
Die lewe laat dit egter nie toe nie. Die tyd stap aan, ongeag.
Om te troos, is daar altyd 'n nuwe hallo. Geen nuwe mens kan egter die luimte vul nie. Geen nuwe glimlag kan weer dieselfde lyk nie.
Nogtans moet ons maar aanstap. Soos ons vorentoe beur, moet ons optel en dra waardeur ons gaan.
Maar dit baat niemand niks om so vas te hou aan die verlede dat mens die nuwe wonderwerke van die lewe skaars oplet nie. Inteendeel, mens moet die lesse wat geliefdes wat gegroet het jou geleer het nou en in die toekoms toepas.
Daarvoor moet 'n mens van dag tot dag lewe. Elke dag hou iets besonders in.
Môre bring ook sy eie beloftes. 'n Mens moet daarna kan uitsien.
Die waardering van die oomblik en die hoop vir die toekoms is uiters belangrik. Mens moet nooit so vas aan die verlede hou dat die toekoms duister word nie. Mens moet altyd aanhou en uithou.
So smaak die lewe; hy wil gelewe wees.
Dit is soms moeilik. Dit is soms bitter. Maar soet oomblikke kom weer.
Die son skyn weer; die trane raak droog en die snik na asem bedaar met die tyd. Die wonde raak kleiner en later verdwyn hulle heeltemal van die vel, maar die hart onthou. Die hart neem dit als saam.
Die afgelope tyd moes ek weer totsiens sê. Dit was so onverwags. Uit die bloute kom die nuus.
Ek moes sit; sprakeloos. My gedagtes het gedwaal en skielik sien ek in my geestesoog die laaste keer wat ek en my vriend saam was. Die hartseer het 'n knop in my keel gevorm. Selfs nou kan ek dit nog nie as werklikheid verwerk nie.
Terselfdertyd sit ek met die kennis van 'n verwagte geboorte. 'n Dogtertjie is op pad. 'n Huisgesin groei met nuwe lewe; nuwe liefde; nuwe hoop. 'n Hart wil bars van opgewondenheid.
'n Pa word van voor af vreesbevange oor die vooruitsig van meisiemens moet groot maak. Ek kan nie wag om hallo te sê nie . . .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie