Tot 4 000 straatverkopers sonder inkomste

Terwyl die polisie en munisipaliteit die regulasies moet afdwing om die verspreiding van Covid-19 te voorkom, is talle straatverkopers desperaat vir ’n inkomste.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh en Tanja Bause – “Ek vra die regering om ons asseblief toe te laat om ons produkte te verkoop. Ek het kinders op skool vir wie ek nou krediet en ’n slimfoon moet koop sodat hulle deur e-onderrig kan leer.

“Ek kan niks koop as ek nie verkoop nie, wat beteken my kinders kan nie leer nie.”

Só sê me. Christofin Musenge, een van die vroue wat in Ongavastraat in Windhoek se informele nedersetting Okuryangava groente en vrugte op die straat verkoop.

“Ek wil niks verniet van die regering af hê nie. Ek wil werk, my eie geld verdien en vir my kinders sorg soos ek vir die afgelope 16 jaar al doen – deur groenteverkope.”

Musenge is een van Windhoek se geskatte 4 000 ongeregistreerde straatverkopers wat tans geen inkomste op informele straatmarkte tydens fase 2 van die inperking verdien nie.

Hierteenoor het 827 straatverkopers, wat by die Windhoek-munisipaliteit geregistreer is, toegang tot 21 markte wat oor die nodige fasiliteite beskik om die verspreiding van Covid-19 te voorkom. Hierdie markte het onlangs heropen en is die enigste plekke waar informele handel tans mag plaasvind.

Talle onwettige straatverkopers het egter onlangs weer na hul stalletjies begin terugkeer. Die polisie het Maandag sowat 100 van hierdie straatverkopers in Havana, Hakahana en Wanaheda ontruim en na die Wanaheda-polisiekantoor geneem om hulle ernstig teen onwettige verkope te waarsku.

POLISIE

Die polisiebevelvoerder van die Khomasstreek, komm. Joseph Shikongo, het gister aan Republikein verduidelik die grootste uitdaging met straatverkope is die handhawing van sosiale afstande midde die Covid-19 pandemie.

Shikongo sê polisielede het onwettige straatverkopers die afgelope Maandag gewaarsku, maar dat hulle die polisie teëgestaan het en nie wou padgee nie.

“By die informele markte het chaos geheers. Dit is toe dat die verkopers na die Wanaheda-polisiekantoor geneem is, waar die situasie mooi aan hulle verduidelik is. Sommige het toe aangedui hulle verstaan en het belowe dat hulle dit nie weer sal doen nie,” het hy gesê.

“Die bedoeling is nie om mense toe te sluit nie en ons het begrip daarvoor dat hulle moet oorleef. Hulle moet egter ook die werklike gevare van die virus verstaan. Ons werk is om hulle te beskerm en seker te maak die regulasies word gerespekteer,” het hy gesê.

Een straatverkoper wat Maandag na die polisiestasie geneem is en wat anoniem wil bly, het bevestig die polisie het net met hulle gepraat.

“Hulle het aan ons verduidelik dat ons nie gestraf word nie en dat dit nie hul besluit is dat ons nie mag verkoop nie. Hulle voer net die opdrag van die regering uit. Hulle het verduidelik dat die virus baie gevaarlik is, dat ons by die huis moet bly en niks mag verkoop nie.”

MUNISIPALITEIT

Die Windhoek munisipaliteit se woordvoerder, me. Lydia Amutenya, het gesê op rekord is daar sowat 1 923 onwettige straatverkopers in en rondom Windhoek.

“Ons skat dat die werklike getal dubbel dié syfer is – minstens 4 000.

“Die getal dui daarop dat ons meer markte nodig het om straatverkopers te akkommodeer en die stadsraad het planne om meer markte te bou.

“Vir nou is alle straathandel verbode om die verspreiding van Covid-19 te voorkom,” het Amutenya gesê. “Dit sal uitdagend en selfs onmoontlik wees om aan voorkomingsmaatreëls gehoor te gee as mense toegelaat word om oral hul produkte te verkoop sonder behoorlike toepaslike infrastruktuur in die stryd teen die onsigbare vyand.”

VERLIESE

Me. Anna Petrus verkoop reeds die afgelope vyf jaar groente op straat.

“Ek weet nie of ek met my besigheid sal kan aangaan nie. Ek het reeds al my mielies, tamaties en grondboontjies (ofukwa) verloor.

“Net voor die hoktyd het ek N$4 000 se sakke mielies en N$7 000 se tamaties gekoop. Dit het alles vrot geword.

“As ek nie kan verkoop nie, dan het ek nie geld om weer te koop nie. Ek het die besigheid opgebou en nou is alles tot niet. Die supermarkte mag groente verkoop, net ons hier op straat mag nie,” het sy gesê.

Me. Laina Hango, wat vetkoek verkoop, sê die polisie kom kyk elke dag dat hulle nie op die straat verkope doen nie. “Ek moet krag en kos vir my kinders koop. Ek moet ook my kind se pre-primêre skool betaal. Ek wil graag werk.”

Ook mnr. Sam Itherenga wil graag weer sy kapana verkoop sodat hy geld na sy familie in die Noorde kan stuur.

“Ek kan nie verstaan hoekom die man langs my, wat ’n haarkapper is, mag oop wees, maar ek nie. Is dit sodat hy ons mooi kan maak voor ons van die honger doodgaan?

Nie een van die verkopers met wie gesels is, het die regering se noodtoelaag van N$750 ontvang nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.3 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.3 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.22/OZ UP +0.95% | Copper US$ 4.90/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 995.30/T UP 0.13% | Brent Crude Oil US$ 82.64/BBP DOWN -0.0064 | Platinum US$ 1 060.80/OZ UP +1.63% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.3 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.3 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.22/OZ UP +0.95% | Copper US$ 4.90/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 995.30/T UP 0.13% | Brent Crude Oil US$ 82.64/BBP DOWN -0.0064 | Platinum US$ 1 060.80/OZ UP +1.63%