Torsten ‘het nie bedoel om Julian van veld te duik’
Rugby
Johann de Jager, Vicus Bürger en Owen Kock
Die Vrystaat-Cheetahs se haker, Torsten van Jaarsveld, sê hy gaan beslis vir die Goue Leeus se Springbok-stut, Julian Redelinghuys, in die hospitaal kuier.
Volgens Van Jaarsveld was dit nooit sy bedoeling om Redelinghuys in Saterdag se Curriebeker-halfeindstryd in Bloemfontein van die veld af te duik nie. Hy voel sleg, maar meen dit is die aard van die spel.
“Dit is nooit lekker om te sien dat ’n medespeler van die veld af op ’n draagbaar gehelp word nie. Ek sal vir seker vir Julian in die hospitaal gaan kuier,” het hy gesê.
Annemie Bester, woordvoerder van die Goue Leeus, het Sondag by navraag gesê Redelinghuys sal volgens alle aanduidings van sy ernstige nekbesering herstel, maar dis nog te vroeg om te sê of hy weer sal kan rugby speel.
Sy meen die besluit of hy weer rugby sal speel, berus uiteindelik by Redelinghuys en sy dokter. “Hy het volle beweeglikheid van sy ledemate.”
Redelinghuys het gister ’n nekoperasie in die Life-Rosepark-hospitaal in Bloemfontein ondergaan.
DIE OPERASIE HET GOED AFGELOOP.
“Die operasie het goed afgeloop. As alles goed verloop, kan hy later (vandees)week huis toe gaan,” het dr. Rob Collins, spandokter van die Leeus, gesê.
Redelinghuys het van sy nekwerwels ontwrig toe hy hom in die 44ste minuut teen Van Jaarsveld vasgeloop het in die wedstryd wat die tuisspan met 55-17 gewen het.
Die C5-nekwerwel is op vlak ses ontwrig.
Die ortopediese chirurg dr. Peet van Aardt en die neurochirurg dr. Dan Hugo het ’n nekfusie en dekompressie gedoen.
Ander Cheetahs-spelers sal Redelinghuys, na verneem word, ook gaan besoek sodra hy besoekers mag ontvang.
Dié vaskopstut sou aanstaande maand die Bokke se skrum waarskynlik geanker het in wedstryde teen die Barbarians, Engeland, Italië en Wallis. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie