Toring spog met nuwe vere
Toring spog met nuwe vere

Toring spog met nuwe vere

Tanja Bause
Tanja Bause - Paratus het die toring by die ou kragsentralekompleks in Windhoek opgeknap.

Saam met hul filiaal Canocopy, wat die verspreiders van Ricoh in Namibië is, is die toring die afgelope twee weke opgeknap en is LTE-toerusting bo-op geïnstalleer.

Die kragsentrale is in 1948 gebou en het 22,5 megawatt krag aan Windhoek voorsien voordat die Van Eck-sentrale in die noordelike nywerheidsgebied gebou is.

In April 2016 het Paratus hul 4G LTE- mobiele datadiens vanaf 33 basispersele in Windhoek van stapel gestuur. Met die ontwikkeling van die LTE- mobiele datadiens, het die maatskappy nog ’n faset van dienste tot sy groeiende kliëntebasis toegevoeg.

“Toe ons in 2015 met die huidige eienaar van die ou kragsentralekompleks begin onderhandel het, was ons bewus daarvan dat die toring baie aandag nodig het. Nie net was die perseel van belang vir ons LTE-uitbreidings nie, maar dit was ook ’n landmerk en van historiese belang vir Windhoek,” het mnr. Andrew Hall van Paratus gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer