Toppolisieman voor oor dronkbestuur
Toppolisieman voor oor dronkbestuur

Toppolisieman voor oor dronkbestuur

Denver Kisting
Denver Kisting – ’n Senior polisiebeampte van die Khomasstreek verskyn na verwagting vandag in die hof nadat hy die naweek weens beweerde dronkbestuur aangekeer is.

Hy het na bewering ook probeer wegjaag en hom later teen sy inhegtenisneming probeer verset.

Adj.komm. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder, het die voorval gister by navraag bevestig.

Volgens haar is die beampte, ook ’n adjunkkommissaris, Saterdag op borgtog van N$8 000 vrygelaat.

Die voorval het na verneem word in die vroeë oggendure van Saterdag in Florence Nightingalestraat afgespeel.

Die beampte is na bewering ná ’n jaagtog met die polisie by ’n winkelsentrum in Khomasdal aangekeer.

Sy naam is aan Republikein bekend, maar word weerhou omdat hy nog nie in die hof verskyn het nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer