Topklubs hoop vir uitklopkrieket
WHS Old Boys het onoorwonne boaan die puntelys klaargemaak.
Tielman van Lill – Tensy die voorspellings van reënweer sake deurmekaar krap, sal die laaste treë in Krieket Namibië se nasionale T20-kampioenskap vir premierligaklubs hopelik môre gegee word.
Die laaste aksie voor die feesseisoen was in November, want die laaste groepwedstryde was veronderstel om verlede naweek gespeel te wees, maar sopnat velde het 'n stokkie voor kriekethonger spelers se lus gesteek.
Die ligapunte is gevolglik tussen die klubs verdeel, wat op die finale puntestand beteken het dat die gekombineerde kusspan MR24/7 Welwitschias vyfde eindig en dus nie die uitklopfase haal nie.
Ceiling Centre WHS Old Boys 1, wat eerste op die ligaleer geëindig het, is bestem om môre 09:00 vir hul semifinaal teen Trustco United I (vierde) by Wanderers in Pionierspark op die veld stap.
Samsung FNB Wanderers 1, wat tweede geëindig het, pak CCD Tigers 1 (derde) dieselfde tyd op Gemsbokpark in Olympia.
As die semifinale nie uitreën nie, behoort die finaal se eerste bal om 14:00 by Wanderers-veld afgestuur te word. Indien spel onmoontlik is, sal die trofee oorhandig word aan die span wat eerste op die puntelys geëindig het.
Onder leiding van die nasionale kaptein Gerhard Erasmus het Old Boys die afgelope seisoen soos 'n stoomtrein voortgestu en al sy wedstryde gewen.
Die stryd tussen Wanderers en CCD Tigers behoort op papier meer gelykop te wees. CCD is die heersende T20-titelhouer en sal beslis hardnekkig veg om die kampioenskap te behou.
T20-eerste liga (kus)
Om 14:00 in Walvisbaai speel JCCA teen Sparta II in 'n semifinaal by die Spartaveld, terwyl Outjo Northern Leopards die span van Blue Waters I by die Oval takel. Die finaal word Sondag om 11:00 by Sparta aangebied.
Sentraal eerste liga (40 boulbeurte)
WHS Old Boys Vintage speel môre vanaf 13:00 teen Zebras I by WHS Vegkopstadion.
Dieselfde begintye geld vir CCD Tigers II teen Wanderers Distrikte (CCD-veld) en Gobabis teen WHS Old Boys II in Gobabis.
Sondag speel Wanderers Platteland teen Wanderers II vanaf 09:00 in Pionierspark.
Tweede liga (30 boulbeurte)
Môre by Doc Jubber-veld: Green Mambas II tn Zebras II. CCD-veld: Tigers III tn Green Mambas I. Op Otjiwarongo: Otjiwarongo 1 tn WHS Old Boys III. Sondag by CCD: Tigers II tn NDF Oshiponga I. Al die wedstryde begin om 08:00.
• Nadat Krieket Namibië Woensdag met die Namibiese Sportkommissie vergader het om die groen lig vir môre se planne te kry, sal streng Covid-19-beperkings by al die wedstryde toegepas word. Geen toeskouers word toegelaat nie.
• Die 50-boulbeurt premierliga se semifinale is vir 13 Maart geskeduleer en die eindstryd 'n week later.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie