Tonne se dwelms in Desember gekonfiskeer
Tonne se dwelms in Desember gekonfiskeer

Tonne se dwelms in Desember gekonfiskeer

37 933 kg dagga
Kristien Kruger
Volgens 'n Namibiese polisieverslag het die wetstoepassers verlede maand landswyd dwelms ter waarde van sowat N$448 230 gekonfiskeer.

Altesame 43 verdagtes is in hegtenis geneem vir die handel en/of besit van dwelms van wie 40 ­Namibiërs, twee ­Kongolese en een 'n Nigeriër is.

Desember se beslagleggings bestaan uit 37 933 kg dagga ter waarde van sowat N$379 330 en 565 tablette Mandrax van sowat N$67 800, asook elf eenhede kokaïen van sowat N$1 100.

Kommentaar

Republikein 2025-09-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer