Tokio lyk ver vir baan- en veldatlete
Tokio lyk ver vir baan- en veldatlete

Tokio lyk ver vir baan- en veldatlete

Atletiek
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die 2020 Crystal Gold-byeenkoms op Swakopmund die afgelope naweek, die derde van Atletiek Namibië (AN) se Grand Prix-reeks, is iets van die verlede.

In die land van die brawes is veral naellopers volop, maar nie een Namibiese baan- óf veldatleet kon tot dusver daarin slaag om vir die 2020 Tokio Olimpiese Spele te kwalifiseer nie.

Die skoolmeisie Beatrice Masilingi wat tans Namibië se voorste vrouenaelloper is, het al haar items by die kus gewen. Haar wentye van 12.04 (100 m), 24.09 (200 m) en 52.19 (400 m) was op seevlak nie watwonders nie, maar sy het darem reeds vooraf gekwalifiseer vir die junior wêreldkampioenskap wat in Juliemaand in Nairobi voorlê.

Naellopers sukkel gewoonlik by die kus om goeie tye aan te teken, terwyl middel- en langafstandatlete daar deur die lugdruk bevoordeel word.

Die hoofstad se ligging 1 655 meter bo seespieël kan die Onafhanklikheidstadion net die aangewese venue vir aanspraakmakers soos Masilingi en Jolene Jacobs maak om hul persoonlike grense uit te daag. Die vierde en laaste Grand Prix lê op 28 Maart in Windhoek voor, gevolg deur Atletiek Namibië se senior nasionale kampioenskap op 3 en 4 April, asook die NSSU nasionale skolekampioenskap op 17 en 18 April.

Masilingi se beste buitekans vir Tokio is straks om in die 400 te kwalifiseer waar Saterdag se wentyd binne een sekonde van Olimpiese kwalifisering was, maar dan sal dié 16-jarige vooruitsig slim bestuur moet word.

By die mans het Jesse Urikhob die 100 m in 10.92 gewen. Die 200 m het behoort aan Ernst Narib (21.20) met die 18-jarige Ivan-Danny Geldenhuys wat in die 400 m in 47.27 die bordjies verhang het.

Vir die jeugdige Geldenhuys lê beslis 'n belowende toekoms op die tartan voor. Hy het reeds in 2017 by die junior wêreldkampioenskap goed gevaar om in sy 400 tot die eindwedloop deur te dring.

Die onlangs herkose president van Atletiek Namibië, mnr. Erwin Naimhwaka, het aan die nuusagentskap Nampa gesê daar is verbetering te sien in die vertonings vandat die stelsel van beloning vir prestasies in 2019 verander is.

“Tevore het ons atlete beloon indien hulle onder die toptien is, maar sedert verlede jaar werk dit anders. Ons het N$100 000 beskikbaar wat gelykop tussen die beste manlike en vroulike atlete verdeel word, met die wenners wat elkeen N$15 000 verdien. Dit druk die atlete om die Grand Prix-reeks so goed as moontlik af te sluit.”



OLIMPIESE PEIL

Om 'n regmerkie vir Japan te kry, moet naellopers in die 100 meter 10.05 sekondes (mans) of 11.15 (vroue) behaal. Vir die 200 m is die kwalifiserende tye 20.24 (mans) en 22.80 (vroue). Die strawwe 400 m vereis 44.90 van die mans en 51.35 van die vroue.

Om vir die 800 m in Tokio te kan aantree, moet mans en vroue onder­skeidelik 1 minuut 45.20 sekondes en 1:59.50 aanteken. Vir die 1 500 m is dit 3:35.00 vir die mans en 4:04.20 vir die skoner geslag.

Helalia Johannes, Namibië se goue langasem en kampioen van die 2018 Statebondspele in Australië, is tans nog die land se enigste padatleet wat na die Land van die Opkomende Son vir die marathon (42.2 kilometer) sal reis.

Sy sal in Tokio met topatlete te doen kry in die klas van Ruth Chepngetich, Vivian Cheruiyot en Brigid Kosgei (Kenia), Rachel Cliff, Dayna Pidhoresky en Lyndsay Tessier (Kanada), He Yinli, Li Dan en Li Zhixuan (China), Melat Kejeta, Katharina Steinruck en Anja Scherl (Duitsland), Honami Maeda en Ayuko Suzuki (Japan), Jo Un-ok, Kim Ji-hyang en Ri Kwang-ok (Noord-Korea), Aliphine Tuliamuk, Molly Seidel en Sally Kipyego (VSA) en vele ander.

Met haar bronsmedalje by verlede jaar se wêreldkampioenskap onder moordende omstandighede in Doha, Katar, het Johannes egter gewys dat sy nie terugdeins om op die grootste verhoog met haar beste prestasies vorendag te kom nie.

Jemima Jelagat Sumgong is die 2016 Olimpiese marathonkampioen, terwyl haar manlike landgenoot Eliud Kipchoge in Japan ook sy 2016 Olimpiese titel gaan verdedig.

Die heersende marathon wêreldkampioen (Doha 2019) is Ruth Chepngetich van Kenia, met Lelisa Desisa van Ethiopië wat by die mans oorheers het.

Vroue moet in 2 ure 29 minute 30 sekondes oor die eindstreep draf om vir die marathon in Japan te kwalifiseer.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%