Tok Schoeman oorlede
'n Man wat diep spore in die onderwys getrap het, mnr. Tok Schoeman, is die naweek in Windhoek oorlede.
Schoeman was onder meer in 1983 waarnemende skoolhoof by die Sekondêre Skool Academia waar hy ook Afrikaans as eerste taal gegee het. Van Julie 1984 tot Februarie 2003 was hy 'n onderwysbeplanner by die ministerie van onderwys, kuns en kultuur.
Volgens sy vrou, Denise, is hy Saterdag oorlede. Sy roudiens vind Vrydag om 15:00 in die NG Kerk Academia in Windhoek plaas.
Hy word buiten sy vrou deur drie getroude kinders, Abel, Melissa en Corlia, asook sewe kleinkinders wat almal in Windhoek woon, oorleef.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie