Tog ook deel van Namibië
REGGIE DIERGAARDT SKRYF:
Ek vind dit deesdae al moeiliker om aan veral my kleinkinders te verduidelik hoekom na hulle op speelgronde by skole en meer algemeen in hul sosiale omgang met maters as kleurlinge verwys word.
Sien, hulle staan ook nou maar aan die begin van 'n pynlike proses van selfontdekking en selfondersoek. Vir hulle, so lei ek af al verbaliseer hulle dit nie noodwendig so nie, is die woord “kleurling” 'n uitgediende term.
Ek kan hul onsekerheid en vertwyfeling baie goed begryp. Soos die internasionaal geagte Johannesburgse fotograaf Sedrick Nunn dit stel: “...die meeste mense kan 'n Suid-Afrikaansheid (lees Namibiesheid) weef uit die sekuriteit van 'n duidelik gedefinieerde kulturele identiteit, maar vir bruin mense is dit 'n haas onbegonne taak om uit patriotisme alleen 'n knus nuwe Suid-Afrikaanse (Namibiese) identiteit te smee.”
Uit die brokstukke van ons verstrooide geskiedenis moet ons vir ons 'n identiteit skep wat sê ons is deel van Namibië en deel van Afrika. Ons is nie hier op uitnodiging van enigiemand nie, maar uit eie reg. Ons hoort hier. Ons sal nie elders buite hierdie land en kontinent 'n toekoms gaan soek nie, maar telkens na die grond van hierdie land inkeer. As nasate van Khoi en San, die eerstelinge van hierdie deel van die groot kontinent genaamd Afrika.
Iewers in ons verlede, so voer Nunn aan, lê die smaad van verwerping deur albei die gemeenskappe waaruit ons gebore is, weggegooi omdat ons voorouers die maatskaplike norme, grense en taboes van die tyd durf uitdaag het.
Laat ons eerlik wees en erken dat daar 'n tyd was dat met kinders van gemengde afkoms gespot was deur na hulle as halfnaatjies te verwys. Die Afrikaans Verklarende Handwoordeboek definieer dié term as ”erg neerhalend aangevoel deur dié teenoor wie en van wie dit gebruik word en dus volkome te vermy".
Verklaar hierdie gevoel van “kleurlingskap” dalk waarom baie van ons so apologeties lewe? So op die rand van die gemeenskap.
As ons aanvaar dat ons in 'n globale wêreld lewe waar gemengdheid 'n biologiese gegewe is, sal ons nie toelaat dat “kleurlingskap” ons definieer nie, maar sal ons onsself definieer.
As ek mag afsluit met nog 'n wysheid van Nunn: "...daar is min rasionaliteit aan die behoefte om aanvaar te word. Maar mense het die behoefte om as ware Suid-Afrikaners (lees Namibiërs) aanvaar te word, nie as een of ander eksotiese mengeldrankie of genetiese afwyking wat verdra moet word nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie