Toerusting vir teenstropers
Die kantoor van die Otjozondjupa-goewerneur, mnr. Otto Ipinge (regs), het Dinsdag toerusting ter waarde van N$42 000 aan die private Abti- en Ausie-teenstropingseenheid van mnr. John #Guibeb (middel) op Otjiwarongo geskenk. Die toerusting sluit kamptoerusting soos tente en slaapsakke in, asook uniforms, verkykers, flitse en GPS-stelsels. #Guibeb is 'n voormalige veldwagter wat die eenheid in 2015 gestig het. Die eenheid bestaan uit sewe lede en werk nou saam met die polisie, die ministerie van die omgewing en toerisme en ander teenstropingseenhede. Links is die goewerneur se spesiale adviseur, mnr. Moses !Omeb. Foto Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie