Toerusting geskenk om konflik te bekamp
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het vandeesweek toerusting soos watertenke en graanhouers aan die gemeenskappe van die streke van Ohangwena, Omusati, Oshana en Oshikoto geskenk om mens-dier-konflik te bekamp.
“Die watertenke sal deur die gemeenskappe by waterpunte gebruik word sodat hulle nie vir dieselfde waterbronne as wilde diere meeding nie. Die graanhouers is vir die gemeenskappe om hul mahangu en ander graanprodukte te stoor om te voorkom dat olifante hul huise vernietig,” het Shifeta gesê.
“In sommige gevalle het ons gesien hoe olifante by mense se huise ingaan en hul huise vernietig wanneer hulle die mahangu ruik wat gestoor word in huise wat soos tradisionele hutte gebou is.”
Shifeta sê die ministerie van die omgewing en toerisme het hierdie inisiatief geneem om mens-dier-konflik te verminder en te bestuur.
“Ons is bewus van die behoeftes van gemeenskappe en boere in verskillende dele van die land. Ons sal voortgaan om saam met hulle te werk volgens die hersiene nasionale beleid van mens-dier-konflikbestuur,” het die minister gesê.
“Dit moet gesien word as 'n duidelike bewys dat die regering deur die ministerie van die omgewing en toerisme ernstig is om mens-dier-konflik te takel.
“Ons bly daartoe verbind om 'n balans tussen menslike ontwikkeling en die bewaring van biodiversiteit te vind.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie