Toerspan het groot taak in Uruguay
Drie klipharde wedstryde lê in die volgende twee weke vir die nuwe kombinasie voor.
Andrew Poolman - Die senter Johan Deysel maak sy terugkeer as kaptein van die Namibiese nasionale rugbyspan wat Vrydag op sy toer van drie wedstryde na Uruguay vertrek.
Die 27-jarige Deysel het Namibië verlede jaar onoorwonne deur die Rugby Afrika Gouebekerreeks gelei, wat die land se kwalifikasie vir die 2019 Wêreldbeker in Japan verseker het.
Deysel, wat sy klubrugby in Frankryk by Colomiers speel, was onbeskikbaar vir die laaste November-toer, toe Darryl de la Harpe die kapteinskap oorgeneem het en waar nederlae teen Rusland en Spanje gely is voordat die reënerige toets teen Portugal naelskraap gewen is (29-23).
Die Namibiërs open hul aanslag op die Wêreldrugby Nasiesbekertoernooi komende Dinsdag teen die kragtige Argentynse A-span. Argentinië is tans tiende op die wêreldranglys en het nog nooit met enige van sy verteenwoordigende spanne teen Namibië (23ste) verloor nie.
Op Sondag 9 Junie word swaarde gekruis met die gasheerspan Uruguay (16de), voor hul laaste toets ses dae later teen die Rusland-span wat deur Lyn Jones afgerig word (20ste).
Afrigter Phil Davies sou waarskynlik baie graag sy volle sterkte span na Uruguay wou neem as 'n oefenlopie vir die Wêreldbeker in September en Oktober vanjaar, maar beserings en ander omstandighede het 'n stokkie hiervoor gesteek.
Dit kan aangevoer word dat Davies sedert die 2015 Wêreldbeker nog selde weer (afgesien van middel-2018) al sy skietgoed op internasionale vlak kon uitstal sonder dat klubverpligtinge of beserings hom beperk het.
Terwyl Namibië onder Davies onoorwonne in Afrika-toetse is (14 uit 14), lyk die prentjie in groter internasionale wedstryde anders. Tussendeur die oorwinnings teen Rusland (twee keer in Windhoek in 2015), Spanje (2016 in Boekarest) en Portugal (November 2018 in Coimbra) was daar ook die vier nederlae by die 2015 Wêreldbeker, asook slae teen Roemenië, Spanje (twee keer), Rusland (twee keer) en Uruguay (twee keer).
Twee nie-toetswedstryde wat teen Italië-A gewen is (2016 en 2017 Nasiebekers in Boekarest) was van die ander ligpunte vir Davies se span op internasionale vlak.
Namibië sal dus sy spreekwoordelike voortande moet gee om weer die wêreld te laat regop sit met 'n oorwinning by die Nasiesbeker, soos die enigste keer in 2010 in Roemenië met Johan Diergaardt as afrigter en Jacques Burger as kaptein gebeur het.
Die vroeë aanduidings dat sulke sukses volgende week herhaal gaan word, is egter bitter skaars.
Die toernooi in Montevideo bestaan uit net vier spanne, anders as in vorige weergawes waar ses spanne in twee groepe verdeel was.
VELE AFWESIGES
Die heelagter Chrysander Botha (56 toetse) en flank Rohan Kitshoff (44 toetse) is van die mees senior spelers vir wie die afrigter nie vir die toer kon oorweeg nie.
Botha (gebreekte vinger) en Kitshoff (armbesering) se beserings is beide tydens die SuperSport uitdaagreeks opgedoen, net soos die haker Louis van der Westhuizen (knieligamente, 19 toetse) wat ook 'n veteraan van die vorige Wêreldbeker is.
Van die jonger geslag het Chris Arries (heelagter of losskakel, een toets, gebreekte enkel), PJ Walters (senter of vleuel, gebreekte voorarm) ook in die provinsiale wedstryde beseer geraak, terwyl Janry du Toit (senter of vleuel, twee toetse) in 'n klubwedstryd sy knieligamente beskadig het.
Die vleuel Lesley Klim (elf toetse), wat sedert sy aansluiting by die Walliese klub Ospreys nog geen wedstryd vanweë 'n knaende dyspierbesering kon speel nie, is ook in 'n wedloop teen tyd gewikkel om sy gereedheid vir die Wêreldbeker te bewys.
Benewens hierdie krukkelys sal die afwesige ondervinding van Renaldo Bothma (London Harlequins), Pieter-Jan van Lill en Torsten van Jaarsveld (beide Bayonne) voorlangs 'n leemte laat.
Dié drietal met onderskeidelik 17, 50 en 14 toetse se Europese klubs het hulle nie vrystelling gegee nie. Volgens die Namibië Rugby-unie se president, mnr. Corrie Mensah, verval die normale internasionale vensterperiode vir toetsrugby gedurende Wêreldbekerjare en word klubs nie verplig om hul manne vry te stel nie.
Stut Casper Viviers, met 37 toetse agter sy naam, het van sy Franse klub by die oefenveld in Windhoek aangesluit, maar die bevinding was dat sy kondisionering nie op standaard is nie.
Die lang slot Ruan Ludick (18 toetse) is om dissiplinêre redes uit die toergroep weggelaat, hoewel hy toe laas Saterdag met 'n hardwerkende vertoning teen die Luiperds gewys het dat hy steeds bereid is om vir sy posisie te veg.
Die Luiperds se loskopstut Nelius Theron (vyf toetse) was vanweë eksamenverpligtinge by Pukke nie vir die toer beskikbaar nie.
VERRASSINGS
Die nuwelingvleuels Oderich Mouton (FNB Unam) en Dumarcho Hartung (FNB Western Suburbs) is sonder twyfel die twee verrassings in die toergroep.
Mouton se rugbystamboom sluit twee o.20-jare as agtsteman van die nasionale junior span in, voordat afrigter Davies vanjaar besluit het om die atletiese speler in 'n vleuel te omskep.
Davies het ooglopend ook potensiaal in die onervare Hartung raakgesien, wat maar in sy tweede seisoen van premierliga-rugby is nadat hy vanaf Ocean Swallows van Lüderitz na die Khomasdal-klub aanbeweeg het. Hartung is vanjaar een keer, teen Griekwas, van die bank af opgestuur.
Die spelersgroep vir die toer (getal toetse tussen hakies):
Stutte: Jason Benade (1), AJ de Klerk (26), André Rademeyer (2), Aranos Coetzee (19), Desiderius Sethie (10).
Hakers: Obert Nortjé (13), Niël van Vuuren (6).
Slotte: Johan Retief (5), Max Katjijeko (11), Mahepisa Tjeriko (11), Tjiuee Uanivi (28).
Losvoorspelers: Adriaan Booysen (3), Wian Conradie (15), Leneve Damens (9), Thomasau Forbes (16), Prince !Gaoseb (1), Janco Venter (23)
Skrumskakels: Eugene Jantjies (66), Helarius Kisting (6), Damian Stevens (23).
Losskakels: Cliven Loubser (13), PW Steenkamp (7).
Senters: Johan Deysel (kaptein, 22), Darryl de la Harpe (47), JC Greyling (30).
Vleuels: Oderich Mouton (0), Justin Newman (13), Dumarcho Hartung (0).
Heelagters: Johann Tromp (40).
Die spelersgroep word vergesel deur Phil Davies (hoofafrigter), Wayne Proctor (krag- en kondisioneringsafrigter), dr. Vernon Morkel (spandokter), Innis Erasmus (fisioterapeut), Dominic le Roux (sportwetenskaplike en rehabilitasiespesialis), Irvin Newman (spanbestuurder) en Corrie Mensah (president van die Namibië Rugby-unie).
'n Nuwe toevoeging tot die bestuurspan is Martin Fairn van Engeland, wat as denke-afrigter aansluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie