Toerismesyfers óp
Nuwe lugrederye verwelkom
Francoise Steynberg - Toerisme in Namibië is gesond, met buitelandse aankomste wat met 3% vanaf 2014 tot 2015 gestyg het en toeristesyfers wat met 5,1% in dieselfde tydperk gegroei het.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het gister die Toeristestatistiekverslag vir 2015 bekend gestel met 'n nuwe rekord van sowat 1,5 miljoen buitelandse aankomste in 2015 waarvan sowat 1,4 miljoen buitelandse toeriste is.
Volgens die verslag is die toerismemark vir 2015 oorheers deur Angola, Suid-Afrika, Zambië, Duitsland, die Verendigde Koninkryk, Amerika en Frankryk.
" Die meeste toeriste besoek Namibië tydens die laaste kwartaal van die jaar vanaf Oktober tot Desember wat 28,3% van alle toeriste na die land behels," het Shifeta gesê.
" Daar was egter 'n afname in aankomste vanaf Angola vanweë hul ekonomie, asook van China (0,7% daling) weens onsekerhede in die wêreldekonomie en mededingendheid wat wêreldwyd groei," het hy gesê.
" Volgens die Verenigde Nasies se Wêreld Toerisme-organisasie (UNWTO) se langtermynvoorspelling, gaan internasionale toeriste-aankomste met 3,3% per jaar groei om 1,8 miljard teen 2030 te bereik."
Shifeta het beklemtoon dat lugverbinding en toerisme onskeibaar is, veral as in ag geneem is dat 23% toeriste Namibië via die Internasionale Lughawe Hosea Kutako binnekom. Volgens die verslag moet die regering en die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) dit oorweeg om dié lughawe as 'n toeriste- of streeksnaaf te ontwikkel.
" Die groei van lugvaart kan nie sonder die gesonde groei in die toerismebedryf op rekord geplaas word nie en andersom. Dit is hoog tyd dat lugrederye in Afrika begin saam werk en mekaar aanvul, want hulle ding mee met reuselugrederye," het Shifeta gesê.
NUWE LUGREDERYE
Hy verwelkom nuwe lugrederye soos KLM Royal Dutch Airlines, Condor Airlines en Qatar Airlines wat reeds, binnekort of later vanjaar in Namibië gaan vlieg: " Hulle skep en verhoog lugverbinding en dit sal hopelik 'n positiewe impak op toeriste-aankomste hê."
Shifeta sê " ons is simpatiek teenoor ons eie nasionale lugredery en ons moet hulle ondersteun om mededingend te wees. Nuwe lugrederye gee ons egter 'n groter invloei van toeriste. Hulle is ons ambassadeurs en bemarkers wat nuwe markte open."
Hy het verduidelik dat toeriste kla om via ander lande te reis wat visums vereis en eerder direk na Namibië wil vlieg. Die uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad, mnr. Digu //Naobeb, het beaam dat toeriste nie van aansluitingsvlugte hou nie.
Die waarnemende besturende direkteur van Air Namibia, adv. Ellaine Samson, het gesê dat die nasionale lugredery gereed vir mededinging is: " Ons is optimisties en in 'n gemaklike posisie."
Samson sê Air Namibia is deur Skytrax as die tweede beste streekslugredery in Afrika aangewys en spog met die jongste vloot in Afrika.
" Die styging van 1,5 miljoen buitelandse aankomste in 2015 is 'n goeie geleentheid vir Air Namibia."
Shifeta sê die Namibiese toerismebedryf moet aggressief sy produkte diversifiseer, seisoenaliteit takel en groei en ontwikkeling strategies bestuur.
" Ons moet verseker dat elke nuwe toeris wat Namibië besoek die beste ervaring op internasionale standaard gegee word sodat hulle as vriende terugkeer."
Lees môre in Republikein die fokusartikel oor die Toeristestatistiekeverslag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie