Toerismebedryf op sy knieë
Ses van Namibië se toptien toerismemarkte is die ergste deur die pandemie getref, naamlik Duitsland, Frankryk, Italië, Engeland, Amerika en China.
Francoise Steynberg - Die impak van die Covid-19-pandemie op die toerismebedryf is vreesaanjaend en internasionale toerisme gaan nie binnekort verbeter nie.
Só het die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, gister tydens 'n Covid-19-inligtingsessie in die hoofstad gesê.
Hy was saam met die uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad, mnr. Digu //Naobeb, en die voorsitter van die Namibië Toerismeverenigings (Fenata), mnr. Bernd Schneider, deel van die paneelbespreking oor die toerismebedryf.
//Naobeb het gesê volgende jaar gaan steeds 'n sukkelende jaar in die toerismebedryf wees en hy voorsien nie dat die internasionale toerismemark voor 2022 gaan herstel nie.
Hy sê ses van Namibië se toptien toerismemarkte is die ergste deur die pandemie getref, naamlik Duitsland, Frankryk, Italië, Engeland, Amerika en China.
"Ons moet ons toerismemarkte diversifiseer," het //Naobeb gemaan.
Die toerismebedryf wat sowat N$26 miljard tot die bruto binnelandse produk (BBP) bydra, steier met 120 000 werksgeleenthede wat in die slag kan bly weens die pandemie.
Shifeta het beklemtoon hoe erg die impak op natuurbewaring is met geen inkomste meer uit trofeejag vir veral kommunale bewaringsgebiede en wildbewaarders nie.
"Ons het nie meer geld om ons wildbewaarders te betaal om ons wild te beskerm nie."
STRATEGIE
Al drie was dit eens dat volgens 'n gekoördineerde strategie gewerk moet word om van die "verwoestende skade" te herstel.
Hulle stem ook saam dat 'n gesonde toerisme-omgewing gevestig moet word waar mense hul sosiale afstand hou, maar sake steeds kan voortduur.
"Ten minste kan besighede steeds sake doen teenoor die situasie tans waar alles tot stilstand gekom het," het Schneider gesê.
"Namibië is in 'n gunstige posisie met ons wye, oop ruimtes waar sosiale afstand aangemoedig word. Namibië se toerismebeeld het nie skade gely nie."
Schneider meen plaaslike toerisme is die antwoord en daar moet op veilige reis gefokus word: "Ons wil lewens beskerm terwyl toerismeondernemings steeds sake kan doen."
Hy sê plaaslike maatskappye soos Namibia Wildlife Resorts (NWR) kan ondersteun word.
Schneider sê die inperking beskerm lewens en hy hoop grense sal geleidelik weer oopgemaak en 'n ekonomiese stimulus terselfdertyd geskep word.
"Namibië het min virusinfeksies met geen sterftes. As ons dit kan beheer kan plaaslike mense ook reis. Restaurante kan steeds oop wees as gaste twee meter van mekaar af sit."
//Naobeb sê plaaslike toerisme word meestal deur sakemanne ondersteun, maar nie juis deur Namibiërs wat met vakansie is nie.
"Ons kan nie op die plaaslike mark staatmaak nie, want dit is nie 'n groot deel van die reismark nie. Die streekmark van Suid-Afrika, Botswana, Angola en Zambië moet geleidelik oopgemaak word.
"Ons moet as 'n nasie die risiko neem en ons grense geleidelik oopmaak sodat ons mense nog werk en salarisse het," sê //Noabeb.
"Ons het steeds ons eie plaaslike toerismemark nodig. Ons moet positief en optimisties bly, want toerisme gaan steeds die sektor wees wat ons ekonomie gaan opbou," het Shifeta afgesluit.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie