Toerisme sonder grense met Kaza
Toerisme sonder grense met Kaza

Toerisme sonder grense met Kaza

'n Afvaardiging van diplomatieke lui het 'n sesdaagse toer deur vier lande van die Kavango-Zambezi-oorgrens­bewaringsgebied onderneem.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die Kavango-Zambezi-oorgrens­bewaringsgebied (Kaza), 'n bewaringsinisiatief van Namibië, Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe, is die grootste oorgrensbewaringsgebied in die wêreld en spog met die grootste olifantbevolking in Afrika.

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, in samewerking met die hoë kommissarisse van Botswana, me. Claurinha­ Tshnelo, en Zambië, me. Stella Libongani, die ambassadeur van Zimbabwe, me. Rofina Chikava, en die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) se verteenwoordiger in Namibië, me. Kiki Ghebo, het Maandag 'n Kaza-bemarkingsvideo in Windhoek bekend gestel.

Dít spruit uit 'n sesdaagse toer na vier Kaza-lidlande - Namibië, Botswa­na, Zambië en Zimbabwe.

Die toer is onderneem deur 'n afvaardiging van sewe ambassadeurs in Namibië, saakgelastigdes van Angola en Libië, die voormalige adjunkminister van internasionale betrekkinge­ en samewerking, me. Maureen Hinda, Ghebo en die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts (NWR), me. Zelna Hengari.

Die doel van die toer was om vennootskappe vir toerisme as 'n oorgrens-inisiatief in Kaza te bevorder.

Hulle het die Popa-valle in Namibië besoek, asook die Chobe Nasionale Park in Botswana en die Victoria-watervalle in beide Zambië en Zimbabwe.

"Die betrokkenheid van ons diplomate by die Kaza-toer dui nie net op die goeie betrekkinge tussen hul regerings en Namibië nie, maar bevorder ook ekonomiese diplomasie deur bewaring en toerisme," het Shifeta gesê.

Hy sê hy was verheug om verlede week die ambassadeur van die Europese Unie, me. Jana Hybaskova, in die Mangetti Nasionale Park in die Kavango-Wesstreek raak te loop waar sy en haar 80-jarige ma gekamp het.

Kaza is 520 000 vierkante kilometer groot en bestaan uit sowat 40 nasionale­ parke, natuurreservate, woudreservate, bewaringsgebiede, wildbestuurgebiede en toerismekonsessies. Dit spog met toeristeattraksies soos die Victoria-watervalle, een van die sewe natuurwonders van die wêreld, en 'n wêrelderfenisgebied, asook die Okavango-delta, die grootste Ramsar-gebied in die wêreld.

Kaza spog met minstens 3 000 plantspesies en 600 voëlspesies in die opvangsgebiede van die Zambezi- en Kavangorivier.

In Namibië is die Nasionale Parke van Bwabwata, Mudumu, Nkasa Rupara, Khaudum en Mangetti deel van Kaza, asook die Zambezi-staatswoud en die bewaringsgebiede van Nyae Nyae en Na‡aJaqna.

Die bemarkingsvideo sal op vlugte van lugrederye soos Air Namibia, Air Botswana, Air Zimbabwe, TAAG Angola, Zambia Airways en South African Airways gewys word en ook onder verskillende toerismerade, ambassades in Namibië en in ander lande, en die Kaza-sekretariaat ­versprei word.

Die behoefte is ook uitgespreek dat visumregulasies tussen die Kaza-­lande minder beperk moet word. Shifeta het gesê in Mei sal dié uit­daging tydens 'n vergadering met verskeie ministeries bespreek word.

Hengari het bevestig sedert die Kaza-­roete oop is en deur NWR bemark word, het Sweedse, Duitse en Nederlandse burgers die gebied al besoek. “In Mei gaan 'n groep van 80 Suid-Afrikaners van die Tswane-motorfietsklub Kaza besoek,” het Hengari gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 20 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.90/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0095 | Zinc US$ 2 894.50/T DOWN -2.02% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP UP +0.13% | Platinum US$ 974.40/OZ DOWN -0.0043 #N/A