Toerisme: SA daal op ranglys
Suid-Afrika is steeds die mededingendste toerismebestemming in Afrika suid van die Sahara, maar kan sy toerismesektor ’n hupstoot gee deur aandag te gee aan meer toegeeflike visumregulasies, ’n doeltreffender arbeidsmark en beter handelsooreenkomste, sê die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) in die Travel & Tourism Competitiveness Report 2017.
Suid-Afrika beklee die 53ste plek uit 136 lande, vyf plekke laer sedert 2015. Die land se posisie het veral agteruitgegaan weens veiligheid en sekuriteit, asook omgewingskwessies – sedert 2000 het ontbossing en verlies aan natuurlike habitat versnel.
Suid-Afrika maak staat op sy kultuurerfenis, natuurskoon en sake-omgewing om toeriste te lok, en het ook die laaste paar jaar hotelkoste en vliegkaartjies goedkoper gemaak, lui die verslag. Suid-Afrika het verlede jaar nagenoeg 9 miljoen internasionale toeriste verwelkom. Die toerismebedryf maak sowat 3% van die land se bruto binnelandse produk (BBP) uit en verskaf werk aan meer as 700 000 mense.
Spanje is steeds die wêreld se mededingendste bestemming, gevolg deur Frankryk en Duitsland.
Die WEF-verslag toon ’n digitale strategie is noodsaaklik in die toerismebedryf. Aanlyn besprekings het die afgelope twee jaar van 9% van die totale getal besprekings tot 33% gestyg. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie