Toerisme: Nam op wêreldindeks gelooi

Die WEF se jongste indeks wat die mededingendheid van lande se toerisme meet, bevat heelwat slegte maar tog ook goeie nuus vir Namibië.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Veranderings aan en herbepalings in die Wêreld Ekonomiese Forum se Travel & Tourism Competitive Index het Namibië met 12 plekke op dié tweejaarlikse rangleër laat tuimel.

Op die 2017-indeks beklee Namibië ‘n algehele 82ste plek uit 136 wêreldlande. In 2015 was die land 70ste uit 141 lande.

Een van die vernaamste redes vir Namibië se swakker vertoning is die insluiting van ‘n aanwyser wat die verlies aan bome in ‘n land meet. Dit is in 2017 vir die eerste keer by die lewensvatbaarheid van lande se omgewing in berekening gebring. Die verlies aan bome tussen 2000 en 2014 – hetsy deur natuurlike oorsake, veldbrande, landbou of bosbou – is as maatstaf gebruik.

Namibië lê 127ste op dié indeks, dus onder die tien lande ter wêreld wat die swakste met die nuwe aanwyser gevaar het.

Ander faktore wat Namibië gekniehalter het, was die WEF se herbepaling van hoeveel vername motorverhuringsmaatskappye in die land teenwoordig is, asook die beskikbaarheid van outomatiese tellermasjiene (ATM’s).

In die 2015-indeks het Namibië die 35ste posisie uit 141 lande beklee wat motorverhuringsmaatskappye betref, terwyl dit 31ste op die ATM-indeks gelê het. Nou het die land na die 72ste sport vir motorverhuringsmaatskappye teruggesak en beklee dit die 57ste posisie vir ATM’s.

Voortslepende uitdagings

Volgens die WEF word Namibië, soos vorige jare, steeds deur die volgende uitdagings gekortwiek: Gesondheid, die land se kulturele hulpbronne wat nie na waarde geskat word nie en sy arbeidsmag wat onvoldoende opgelei is. Dié kategorieë beklee die volgende posisies op die 2017-indeks: Gesondheid 117 (2015: 117); kulturele hulpbronne 127 (132) en die arbeidsmag 106 (122).

Onder laasgenoemde kategorie val onder meer die mate waartoe Namibië se arbeidsmag kliëntgedrewe is en die beskikbaarheid van kundige personeel. Hier lê die land vanjaar 129ste en 116de onderskeidelik. In 2015 was Namibië 133ste en 135ste onderskeidelik.

Goeie nuus

Waar Namibië in 2015 op die hotelprysindeks die sesde mees mededingende land ter wêreld was, is dit nou eerste.

Dié indeks meet die gemiddelde prys, in Amerikaanse dollar, van eersteklasverblyf in elke land.

Soos in 2015 beklee Namibië opnuut die eerste plek op die indeks wat die voorvalle van terrorisme meet.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A