Toerisme u2018groeiu2019 slegs danksy hou00ebr pryse
Toerisme u2018groeiu2019 slegs danksy hou00ebr pryse

Toerisme ‘groei’ slegs danksy hoër pryse

Die inkomstegroei in dié sektor hou nie tred met die stygende insetkoste nie.
William Horne – As jy tuis was oor Paasfees, moenie alleen voel nie – dit lyk asof gastehuise en woonwaparke die meeste Suid-Afrikaners nie vanjaar gesien het nie.

Die toerismebedryf se inkomste het in April die grootste styging tot dusver vanjaar op ’n jaargrondslag getoon danksy prysstygings, maar dit klop steeds nie inflasie nie.

Volgens die jongste toerismeverblyfsyfers van Statistieke Suid-Afrika (SSA), het die totale toerismeverblyfsektor in April – dus benewens verblyf self ook ingesluit kos-, drank- en ander verwante verkope – met 3,7% op ’n jaargrondslag gegroei. Inflasie was 4,4%.

Die inkomstegroei in die sektor hou dus nie tred met die stygende insetkoste nie.

Die grootste drywer van die groeikoers op ’n jaargrondslag in April was die inkomste uit verblyf met ’n styging van 5,5% vergeleke met April 2018.

Ongelukkig kan die styging nie daaraan toegeskryf word dat die toerismeverblyfsektor beter vaar nie.

Dié groeikoers is deur ’n 6,6%-styging in pryse opgestoot, terwyl die aantal nagte wat verkoop is in April op ’n jaargrondslag met 1% gedaal het.

Hotelle het wel die beste gevaar sedert November 2018 met ’n 2,6%-styging in hul inkomste in April teenoor April verlede jaar.

Dit het 1,7 persentasiepunt tot die algehele groeikoers van 5,5% bygedra.

Hotelle sukkel in die algemeen al geruime tyd met dalende inkomste weens toenemende mededinging.

Die enigste ander positiewe bydrae tot die algehele groei van die bedryf was deur die kategorie “ander akkommodasie”, wat Airbnb insluit. Dié kategorie se inkomste het met 13,9% toegeneem teenoor April 2018 en het 3,9 persentasiepunte tot die algehele groeikoers bygedra.

Die besettingskoers van die verskillende soorte verblyf in April:

· Hotelle: 49,2%

· Woonwaparke en kampeerterreine: 35,1%

· Gastehuise en -plase: 40,4%

· Ander akkommodasie: 57,3% – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer