Toerisme gaan nie gou herstel
Die impak van Covid-19 op die toerismebedryf is vreesaanjaend en internasionale toerisme gaan nie binnekort verbeter nie.
Só het die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, vanoggend tydens 'n Covid-19-inligtingsessie in die hoofstad gesê.
Hy was saam met die uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad, mnr. Digu //Naobeb, en die voorsitter van die Namibië Toerismeverenigings (Fenata), mnr. Bernd Schneider, deel van die paneelbespreking.
//Naobeb het gesê volgende jaar gaan nog steeds 'n sukkelende jaar in die toerismebedryf wees en hy voorsien nie dat die internasionale toerismemark voor 2022 gaan herstel nie.
Hy sê ses van Namibië se toptien toerismemarkte is die ergste deur die pandemie getref. Hulle is Duitsland, Frankryk, Italië, Engeland, Amerika en China.
Al drie is dit eens dat volgens 'n gekoördineerde strategie gewerk moet word om van die "verwoestende skade" te herstel.
Hulle stem ook saam dat 'n gesonde omgewing gevestig moet word waar mense hul sosiale afstand hou, maar sake steeds kan voortduur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie