Toerisme Ekspo skop vandag af
Toerisme Ekspo skop vandag af

Toerisme Ekspo skop vandag af

Tanja Bause
Die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) vind vanaf vandag tot Saterdag by SKW in die hoofstad plaas.

Die NTE vier vanjaar sy 22ste bestaansjaar en word deur Namibia Media Holdings (NMH) aangebied. Verskeie plaaslike en Suid-Afrikaanse persoonlikhede sal by die ekspo optree, insluitend musikante, komediante en sjefs.

Vanweë die huidige situasie in Namibië sal die NTE vanjaar anders daarna uitsien. Die aantal mense wat ’n geleentheid kan bywoon, sal beperk word. Net ’n beperkte aantal kaartjies sal dus vir elke geleentheid beskikbaar wees. Die vermaakareas is in blokke afgekamp, waarin ’n maksimum van ses mense in een blok kan beweeg. Kaartjies word dus net in groepe van ses verkoop. Alle Covid-19-regulasies sal gehoorsaam word en maskers is natuurlik verpligtend. Die Covid-19-toepassing word ook gebruik om besoekersgetalle te monitor.

Weens die huidige regulasies sal die ekspo vanjaar ’n eksklusiewe geleentheid wees. Vanjaar val die kollig, meer as ooit vantevore, op die waarde wat toerisme inhou. Foto Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer