Toergroep na Zim bekend
Toergroep na Zim bekend

Toergroep na Zim bekend

Sewesrugby
Andrew Poolman
Die Namibië Rugby-unie het die spelersgroep bekend gemaak wat die land op 17 en 18 Maart by die Vic Falls sewesrugbytoernooi in Zimbabwe gaan verteenwoordig.

Die afrigters Jurie Booysen en Robbie Dickson het die afgelope tyd ná 'n stel proewe met 'n oefengroep gewerk en in die aankondiging van die toerspan is heelwat van die kerngroep behou waarop hulle ook in twee toernooie verlede jaar begin staatmaak het.

Dit was die Afrika-kampioenskap in Kenia waar hulle onder die nuwe leier­skap belowend begin het met 'n silwer­medalje, gevolg deur die veel taaier Safland Sewes op Swakopmund laas November.

Die nuwelinge sluit Lloyd Jacobs, Martin Cronjé, Janry du Toit, Cliven Loubser en Georg Niehaus in.



Die sewesgroep:

Lloyd Jacobs (Walvisbaai Rugbyklub)

Martin Cronjé (Trustco United)

Handre Bezuidenhout (United

Janry du Toit (WP Rugby-akademie)

Cliven Loubser (College Rovers, KZN)

Naudé Neethling (United)

Georg Niehaus (Pukke)

Ricardo Swartz (FNB Western Suburbs)

Nandivatu Karuuombe (United)

Helarius Kisting (FNB Unam)

Unomasa Kavita (Unam)

Shareave Titus (Unam)

Justin Nel (Western Suburbs)

Ngumee Nguaiko (Kudus)

Jaunne-Louis Grobler (Walvisbaai).

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer