Toelaatbare vangste bekend gemaak

‘Visvoorrade is gesond’

19 February 2019 | Visserye
Erwin Leuschner - Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het Vrydag visvangkwotas vir vanjaar se visvangseisoen op Walvisbaai bekend gemaak.

Die toelaatbare vangs (TAC) vir 2019 se visvangseisoen vir marsbanker is op 349 000 ton vasgestel.

Vir stokvis is dit 154 000 ton.

Dié vissoorte behels sowat 94% van alle kommersiële vangste in Namibiese waters.

Vir monnikvis is die TAC-kwota vir vanjaar 8 000 ton, vir krap is dit 3 400 ton, en vir kreef 200 ton.

Esau het van die geleentheid gebruik gemaak om ’n oorsig van die bedryf gegee.

Volgens hom is Namibiese visvoorrade gesond en word dit volhoubaar bestuur.

Die minister het leiers in die visbedryf herinner 2019 is die jaar van aanspreeklikheid, derhalwe sal aansoeke om visvangkwotas noukeuriger ondersoek word.

“Almal wat oor visvangregte beskik, wie se regte nou ná sewe of 20 jaar verval, moet aanspreeklik gehou word en kan bewys wat hulle in dié tydperk bereik het,” het hy gesê.

Belanghebbendes in die bedryf het tevergeefs op die hawedorp bymekaar gekom in die hoop op ’n aankondiging oor die toekenning van visvangkwotas.

“Ons is in die finale fase van evaluering en sal in die volgende paar maande 'n aankondiging maak,” het die minister gesê.

Volgens hom is 5 193 aansoeke ontvang.

“In die verlede het ons sowat 2 000 aansoeke ontvang, wat tot ’n jaar geneem het om te evalueer en toe te ken. Dié keer is ons in die finale fase van evaluering ná net drie maande,” het Esau gesê.

“Diegene wat aan die vereistes voldoen het, in die sektor belê het en werksgeleenthede geskep het, kan verseker wees ek is vasbeslote om werksgeleenthede en belegging in die sektor te handhaaf. Vir die res is dit ongelukkig,” het hy gesê.

Esau het ook verskeie waarskuwings by sy toespraak ingesluit, veral teen mense of instansies wat hul viskwotas vir ’n vinnige wins verkoop.

Hy het gesê kwotas sal herroep word omdat dié praktyk nou iets van die verlede is. Hy het ook aandeelhouers gewaarsku wat hul vennote inloop.

“Gemeenskappe en kwesbare groepe word só uit hul dividende gekul en dít kan nie voortgaan nie,” het hy gewaarsku.

Die minister het gesê sy ministerie is bewus van voorvalle van onwettige, ongerapporteerde en ongereguleerde visvangste – “veral langs ons noordelike maritieme grens met Angola”.

Hy het dié praktyk as sporadies beskryf, wat beperk is tot die betrokke gebied, en iets wat slegs snags plaasvind.

“Ek sal nie die hele strategie hieroor bekend maak nie, maar wil net waarsku ons pas ’n regeringsbenadering toe,” het die minister gesê.

Esau het gewaarsku sondebokke sal aan die pen ry.

Die enigste uitsondering wat gesonde plaaslike visvoorrade betref, is sardyne, het hy gesê.

Oor die afgelope jare het sardynvoorrade betekenisvol gekrimp, derhalwe is ’n drie jaar lange moratorium sedert 2018 van toepassing.

“Die sardynbedryf behels maar 2,5% van die totale visvangste in Namibië en moet teen dié agtergrond gesien word,” het hy gesê.

Die vermindering van sardynvangste moenie ligtelik opgeneem word nie, het hy gesê.

“Ons is nie seker of die sardyne na dieper waters beweeg het en of die voorraad verminder het nie. Ek verwag ’n verslag ná uitgebreide navorsing in 2020," het hy gesê.

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

22 ure gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

22 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

22 ure gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

22 ure gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

22 ure gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

22 ure gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

22 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

22 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...