Toegangsfooi by Gross Barmen styg
Namibia Wildlife Resorts (NWR) het sy toegangsfooi vir dagbesoekers na die Gross Barmen-oord naby Okahandja na N$200 per persoon verhoog. Die prysaanpassing is van toepassing op dagbesoekers wat van die braaigeriewe en swembad by die kampeerterrein gebuik maak. Volgens 'n mediaverklaring van NWR, moet 'n dagbesoeker wat gebruik wil maak van die warmwaterswembad en ander geriewe 'n bykomende tarief van N$100 per persoon betaal.
"Die verhoging is nodig om te verseker die geriewe word in stand gehou wat vir dagbesoekers beskikbaar is. Terselfdertyd sal dit geriewe vir die toekoms bewaar,” het mnr. Francois Snyders, NWR Gross Barmen se oordbestuurder, gesê. Foto NWR

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie