Toe vroue nog nie gewerk het nie
Bekommerde Pendelaar skryf:
Toe ek ’n kind was, was die lewe baie eenvoudiger as wat dit vandag is. My pa het gewerk en my ma het tuis gebly. Sy het gesorg dat alles klopdisselboom verloop by die huis. Ons is soggens wakker gemaak en gereed gemaak vir skool.
In vandag se lewe is dit sooo anders. Ma moet opstaan, want van vandag se manne (nie almal nie) kan nie alleen vir sy huis, vrou en kinders werk nie. Sy vrou moet werk, sy moet vroeg uit die vere wees, haarself gereed maak, kinders gereed maak vir dagsorg of skool. Voor sy by die deur uit hardloop moet alles gedoen wees.
En ek bewonder die vroue van Rehoboth wat dit elke dag doen, soms Saterdag en Sondag ook.
Sommige vroue het nie eens ’n vaste saamrygeleentheid of ’n eie ryding nie, sy moet gaan soek vir ’n saamrygeleentheid, soggens en namiddag. Ek sien hulle altyd.
Maak nie saak wat die weersomstandighede is nie, sy staan daar op die uitkyk vir ’n saamrygeleentheid huis toe, sodat sy weer (as sy veilig) tuis kom met haar huispligte kan begin.
En dan, die naakte werklikheid: baie vroue word deur hulle manne verneuk. Dit gebeur sommer baie. Jy hoor dit, jy sien dit.
Dis soms ’n kollega by die werk met wie hy homself vermaak, soms oor die middagete (vrou sal mos nie uitvind nie). Dis soms ’n passasier, indien hy eie vervoer het.
O ja, hy laai sy los skelmpie laaste af, en so ry hulle maar eers gou gou ’n draai, sommer in die bos.
Ag ja, en soms werk manlief skofte. Met ander woorde, as vroulief by die werk swoeg, verwyl hy sy tyd tuis met ’n floesie, soms jare jonger as hyself.
Dan kry jy nou weer die ander tipe vrou. Sy het nie ’n vaste saamrygeleentheid nie. Sy staan elke dag en wag vir ’n saamrygeleentheid en kyk uit by watter motor sy vandag sal inspring, sodat dit nie nodig is om vir die saamrygeleentheid te betaal nie. Sy betaal mos met sagte kontant.
So baie manne trap hierdie stel af. Miskien onskuldig, miskien nie.
En so word huwelike verwoes. Wat bly oor van die troubelofte, en van die gebod?
Jy mag nie egbreek, of jou naaste se vrou/man begeer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie