Tobias waardeer helpende hand
Boks
Tielman van Lill
Nestor Tobias, stigter en voorsitter van die MTC Nestor Sunshine Tobias-boksakademie, is opnuut verheug oor die selfoondiensverskaffer se geloof, ondersteuing en verbintenis vir die volgende drie jaar tot die suksesvolle boksklubs.
Tobias sê sy MTC Sunshine Tobias-boksakademie is Namibië se voorste boksklub en een van die mees suksesvolles in Afrika. Hy het kort nadat MTC verlede week sy borgskappe vir die volgende drie jaar aangekondig het, op die goeie nuus gereageer.
Tobias sê: “MTC se besluit om die akademie te ondersteun, stem ons tot nederigheid. Ons het wêreldklas resultate oor die jare gelewer en sal met die werk voortgaan. Nadat ons die afgelope agt jaar suksesvol deur MTC geborg was, verwelkom ons die kontrak wat vir die volgende drie jaar hernu is.
“As jy na topvegknopers soos Don King en Bob Arum kyk, sal jy sien hulle is reeds die afgelope 40 jaar in ’n vennootskap met HBO. Die rede is dat hulle waarde tot HBO as handelsmerk bygevoeg het. My wens is om dieselfde met MTC te doen en ons vennootskap met MTC te verdien deur hulle met professionele optrede, wêreldtitels, goeie boksgeleenthede en venues vir advertensies te voorsien.
“Oor die jare het ons meer as 200 suksesvolle toernooie saam met MTC aangebied en dit is iets waarop hulle geweldig trots is. Ek wil graag my hele span vir hul steun en toewyding bedank. Die afrigters, administratiewe personeel, vegknopers en promotors het dit almal moontlik gemaak om sukses te behaal.
“Ons wil elke boksklub en bokser in die land van ons ondersteuning verseker. Ons is bereid om met enige bokser of promotor te werk en hierdie borgskap is in die belang van elke Namibiese bokser wat bereid is om saam met ons te werk.
“Ek versoek promotors om hul boksers se name en besonderhede aan ons deur te gee, want hulle kan altyd vir ’n geveg oorweeg word. Ons dank die almagtige Vader vir sy seën oor hierdie vennootskap met MTC en vra dat Hy dit nog vir baie jare sal doen.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie