Titus aangewys as voorsitter van Global Forum for Media Development
The Namibia Media Trust (NMT) se direkteur, me. Zoé Titus, is as die voorsitter van die Global Forum for Media Development (GFMD) aangewys. Titus is die eerste vrou uit Afrika wat dié posisie sal beklee vir die tydperk van vier jaar. Die GFMD is 'n gesogte internasionale netwerk van ondersteuning vir joernaliste en media ontwikkelingsorganisasies wat daarop gemik is om 'n volhoubare toekoms vir joernalistiek te skep.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie