Titans wurg Eagles vir eerste sege
Krieket
Tielman van Lill
Die Momentum Multiply Titans het gister veggees gewys om die derde T20-wedstryd (uit vier) in die Castle Lite-reeks teen die Namibiese Eagles by Wanderers in Pionierspark met 25 lopies te wen.
Die Pretorianers het soos 'n wegholveldbrand begin en hul 175/7 was genoeg vir 'n oorwinning teen die Eagles (150/8). Namibië bly egter met 2-1 voor, met net vandag se laaste wedstryd (vanaf 14:00) wat oorbly.
Die Titans se kaptein, Dean Elgar, het die loot gewen en soos Dinsdag besluit om eerste te kolf. Met Grant Mokoena (5 lopies, 7 balle) gevang deur Zane Green agter die paaltjies het Ruben Trumpelmann die Titans tot 1/9 ná slegs 11 aflewerings beperk.
Neil Brand en Theunis de Bruyn het die tempo met vier viere en vier sesse versnel om die telling 10 boulbeurte later teen 8.39 per boulbeurt tot 1/84 op te jaag.
Veral De Bruyn het vinnig 45 van 32 balle versamel en Brand met sy vurige kolf aangesteek. Boulbeurte van Namibië se kaptein Gerhard Erasmus en JJ Smit is onderskeidelik vir 20 en 19 lopies gemoker, terwyl Nicol Loftie-Eaton (17 in 2) asook Michael van Lingen (11 in 1) ook gestraf is.
Teen 8.39 lopies en meer per boulbeurt was die besoekers op koers om hul toegelate 20 boulbeurte dalk tot 206 op te jaag. Genadiglik is De Bruyn (65 van 44 b, 3x4, 4x4) en Brand se vennootskap op 97 deur Picky Ya France gestuit toe De Bruyn in die 14de boulbeurt op die bykantgrens deur Erasmus uitgevang is (2/116).
Ayabulela Gqamane (6 van 3 b, 1x6) wou Loftie-Eaton vir 'n tweede ses slaan, maar word skoongeboul.
Brand (44 van 35 b, 1x4, 2x6, geboul Ya France) volg kort op sy hakke om die Titans op 4/130 in 15.1 boulbeurte te laat spoed verloor.
Elgar se kolfmaats het begin opdroog toe Sibonelo Makhanya vir 3 (4 b, geboul Ya France) uit is (5/136). Dayyaan Galiem kry ook net 9 (1x4) voor Bernard Scholtz hom van Trumpelmann se boulwerk (6/158) in die 18de boulbeurt uitvang.
Elgar, die SA Proteas se toetskaptein, val ook voor Ya France se draaiers vir 18 van 10 balle (2x4, 1x6) toe Michael van Lingen hom uitvang.
In die laaste boulbeurt wat aan Trumpelmann toevertrou word, kry paaltjiewagter Gihahn Cloete en Corbin Bosch dit reg om 6 lopies by hul totaal te voeg. Cloete eindig op 5*, terwyl Bosch met 7* (1x4) afsluit.
Vir die Eagles was Ya France 'n treffer met 4/13 in 3 boulbeurte teen 'n heel ekonomiese 5.33, gevolg deur Trumpelmann (2/25 in 4, 6.25) en Loftie-Eaton (1/29 in 3, 9.66) wat ook hul kant bring.
Die Eagles moes teen 8.8 lopies per boulbeurt kolf om die 176 te haal.
Die noodlot tref egter vroeg – Stephen Baard uit vir 6 (5 b, 1x4, geboul Aaron Phangiso) toe Cloete hom in die eerste boulbeurt stonk.
Zane Green en Van Lingen op drie moes met alle mag die Eagles se kolfbeurt anker. Green (15 van 10 b, 2x4, geboul Okuhle Cele) word egter in die 4de boulbeurt deur Mokoena uitgevang (Namibië 2/26).
Van Lingen en Erasmus het die stotterende lopiemasjien teen 8.33 per boulbeurt aan die gang gekry en eindig ná 6 bb op 2/51.
Toe Erasmus ook uit is (14, van 11 b, 2x4, geboul Galiem) het die Eagles se wiele begin afkom. Van Lingen behaal 18 lopies (21 b, 2x4, b.v.p. Cele) voordat Loftie-Eaton en JJ Smit saam in die middel beland.
In die 10de boulbeurt kry Loftie-Eaton die trekpas (5 van 9 b, gestonk Cloete, geboul Brand) en die Eagles staan op 5/64.
Met tien boulbeurte oor moes die Eagles onder geweldige druk 9.8 lopies per boulbeurt jaag. JJ Smit verloor Karl Birkenstock gou (4 van 4 b, 1x4, gestonk Cloete, geboul Phangiso) vir 6/74.
Teen die 13de boulbeurt moes Smit en Jan Frylinck teen 11.37 lopies kolf, maar die akkurate boulwerk van die Titans beperk hulle tot 6.66.
Frylinck vertrek vir 10 (16 b, geboul Cele) met 7/100 op die telbord. Kolwer nege Ya France en Smit word die gasheer se laaste hoop om 71 lopies uit 30 aflewerings te toor.
Ya France trek met 14 in sy eerste 5 aflewerings los vir 17 lopies in die 16de beurt, maar in Cele se 17de val dit terug na net ses (123/7).
In die 18de beurt moker Smit 18 lopies (2x6, 1x4) van Galiem se medium naatballe (139/7). Bosch wat vroeër redelik slae gekry het, staan 'n vier aan Ya France af, maar boul hom met sy volgende bal (20 van 12 b, 1x4 2x6) en Namibië is op 8/143 in die 19de boulbeurt.
Met die skrif aan die muur is Trumpelmann en Smit nie beweegruimte vir 'n wonderwerk gegun nie. Smit eindig op 44* van 29 balle (3x4, 3x6) en Namibië op 150/8.
Vir die Titans was Cele (3/19 in 4 teen 4.75) dodelik akkuraat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie