Titans en Eagles opnuut in spervuur
Krieket
Tielman van Lill – Die Eagles het Sondag 'n besondere suksesvolle dag op kantoor gehad toe hulle die besoekende Momentum Multiply Titans by Wanderers in die eerste T20-wedstryd van die Castle Lite-reeks met 97 lopies oordonder het.
Die Eagles speel vandag vanaf 14:00 hul tweede T20 teen die Titans by dieselfde veld en sal graag die momentum van Sondag wil behou.
Gerhard Erasmus, kaptein van die Eagles, sê alles het netjies inmekaar gepas om die Pretorianers vir 43 almal uit te boul. Die draaiers Picky Ya France (4/9 in 4 boulbeurte), Bernard Scholtz (3/7 in 2.3), Erasmus (2/13 in 4) was dodelik op dreef.
“Dit was 'n volmaakte dag vir ons. Alles het volgens plan vir ons uitgewerk. Ons weet wel dat elke wedstryd nie perfek kan verloop nie. Dus sal ons van voor af moet begin en die fondasie vir 'n goeie wedstryd lê.”
Pierre de Bruyn, hoofafrigter van die Eagles, sê: “'n Oorwinning soos Sondag is baie belangrik en goed vir 'n span se selfvertroue. Die Eagles was absoluut genadeloos en klinies. Inteendeel, in my drie jaar by die span was dit die beste wat ek hulle nóg sien boul het.
“Dit was 'n ongelooflike veldwerk- en boulvertoning, met veral baie goeie vangskote. Wat wel pla, is die laaste ses boulbeurte wat ons kolwers nie lopies kon kry nie; ons het agt paaltjies vir net 27 lopies verloor.
“Ons kan vorentoe nie weer só 'n ineenstorting bekostig nie. Deur só swak te vaar nadat jy op 90/0 was, gaan jy nie baie wedstryde wen nie, veral nie teen kwaliteit spanne nie.
“Stephen Baard (68 van 80 balle) het 'n besonderse kolfbeurt gespeel en JJ Smit het weer die lopietempo binne net tien aflewerings versnel (23 lopies, 3x6). Dis positiewe aanduiders waarop ons in die toekoms kan bou.
“Ons sien uit (na vandag), want vir ons gaan dit oor om konstant te wees en 'n wenkultuur te skep en te behou.
“Ons het vanjaar 16 uit 18 T20-wedstryde gewen en ons wil graag dié soort momentum behou.
“Ons het nog drie T20-botsings teen die Titans oor en ons wil graag met elke wedstryd verbeter. Ons verwag die Titans met hul wêreldklas spelers sal met mag en mening terugveg.
“Hulle is 'n span van gehalte en word nie sommer net geboelie nie. Ons moet gereed wees daarvoor.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie