Tim Noakes onskuldig bevind
Prof. Tim Noakes is vroeër vandag (Vrydag) deur ’n onafhanklike paneel van die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) onskuldig bevind op aanklagte van wangedrag, berig Netwerk24.
Hy beywer hom vir 'n dieet bestaande uit 'n hoë vet, lae kooldidraat-inname, ook bekend as banting.
Noakes het sy vrou, Marilyn, in ’n verklaring bedank vir haar “vreeslose ondersteuning,” en gesê hy sou nooit die afgelope vyf jaar se herhaalde openbare veroordeling deur kollegas wat van beter moes geweet het, sonder haar kon trotseer nie.
Adv. Joan Adams, voorsitter van die raad, het kort ná 12:00 haar uitspraak gelewer. Die meerderheid van die paneel (vier uit vyf lede) het bevind dat die klaer, die RGBSA, nie bo redelike twyfel bewys het dat Noakes hom skuldig gemaak het aan wangedrag nie.
Claire Julsing-Strydom, voormalige president van die Vereniging vir Dieetkunde in Suid-Afrika, het ’n klag in 2014 teen Noakes ingedien oor ’n twiet en sê Noakes het mediese raad via Twitter gegee.
Pippa Leenstra het in 2014 vir Noakes op Twitter raad oor borsvoeding en sy dieet gevra.
Haar twiet het soos volg gelui: “@ProfTimNoakes @SalCreed is LCHF eating ok for breastfeeding mums? Worried about all the dairy + cauliflower = wind for babies?? (sic)”
Noakes het Leenstra aangeraai om haar baba op ’n laekoolhidraat-hoëvetdieet te speen, waarna hy verwys as “regte” kos.
Sy reaksie was: “Baby doesn’t eat the dairy and cauliflower. Just very healthy high-fat breast milk. Key is to ween (sic) baby onto LCHF.”
Adams het gesê die RGBSA het nie bewys dat daar ’n dokter-en-pasiënt-verhouding was nie en ook nie dat daar enige skade aangerig is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie