Tigers op jag by NPL-pryse

Andrew Poolman
Die nuut gekroonde kampioenklub Tigers, asook ander individuele uitblinkers van die afgelope seisoen van die MTC Premierliga van Namibiese sokker word einde vandeesweek beloon.
Die NPL se jaarlikse toekenningsaand sal Vrydag by die Hotel Safari in Windhoek aangebied word.
Afgesien van Tigers se oomblik van glorie om amptelik die wennerstrofee in ontvangs te neem, is van die blou span se uitblinkers ook as finaliste vir die individuele toekennings benoem.
Spankaptein Absalom Iimbondi en sy Tigers-maat Ferdinand Karongee sal vir die prys as speler van die seisoen teen Dynamo Fredericks van FNB Black Africa opgeweeg word.
Die finaliste, in geen volgorde nie:
Speler van die seisoen (N$30 000): Dynamo Fredericks (FNB Black Africa), Ferdinand Karongee (Tigers), Absalom Iimbondi (Tigers).
Spelers se speler van die seisoen (N$20 000): Ferdinand Karongee (Tigers), Absalom Iimbondi (Tigers), Terdius Uiseb (FNB Orlando Pirates).
Voorste doelskieter van die seisoen: Terdius Uiseb (Orlando Pirates).
Afrigter van die seisoen (N$20 000): Lucky Kakuva (Orlando Pirates), Paulus Shipanga (Tura Magic), Brian Isaacs (Tigers).
Skeidsregter van die seisoen (N$10 000): Jonas Shongedi (Oshana), Leston Nangombe (Kunene), Jackson Pavaza (Otjozondjupa).
Assistentskeidsregter van die seisoen (N$5 000): Isaskar Boois (Khomas), Alpheus Shipanga (Kavango), Mathew Kanyanga (Khomas).
Voorsitterstoekenning (N$30 000): sal deur die voorsitter aangewys word.

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer