Tigers looi Rundu-span met drie
Sokker
Tigers het Dinsdagaand in die Sam Nujoma-stadion in sy MTC Namibiese Premierliga-wedstryd (NPL) teen Julinho Sporting van Rundu op al sy silinders geloop om die leeus van die noorde met 3-0 te oorrompel.
Dié oorwinning was die eerste vir Ingwe onder die leiding van Ali Akan, nuwe afrigter onder wie se leiding hulle eers drie botsings teen Eleven Arrows, Orlando Pirates en Young Brazilians van Karasburg moes afsluk.
Tigers het sommer heelwat kanse gedurende die kragmeting verlore laat gaan met Mapenzi Muwanei, Anesu Gondo en Absalom Iimbondi wat as die groot sondaars uitgesonder word.
Volgens die verslaggewer van die nuusagentskap Nampa wat die wedstryd bygewoon het, kon die trio minstens vyf doele tussen hulle in die eerste helfte behaal het. Maar selfsugtigheid en swak besluitneming het die kanse tot niet laat gaan.
Reeds binne die eerste 15 minute het Muwanei en Iimbondi elkeen twee doelkanse verbrou.
Tigers se eerste doel kom in die 18de minuut van die geleerde stewel van Knowledge Mutyoraringa wat hy van ’n strafdoel van Rehabeam Mbango aanteken.
Julinho het egter nie gaan lê nie en gepoog om self die doelnet te tref, maar Tigers se verdediging bly ongeskonde om rustyd met ’n voorsprong van 1-0 van die veld te stap.
In die tweede helfte het Julinho sterker teruggekom om Ingwe goed te frustreer, maar die reisende span slaag steeds nie daarin om Tigers se verdedigingslinie te fnuik nie. In die 70ste minuut straf Ingwe die besoekers toe Gondo van naby die doelhok die bal van ’n dwarsskop van Imbondi intik om met 2-0 voor te loop.
Nadat Gondo twee verdedigers van Julinho klop en die bal vir Muwanei aangee, vergoed hy vir sy vroeër blapse toe hy met ’n kragtige skop die doelnet tref om die wedstryd met 3-0 te beklink.
Die oorwinning laat Tigers bo Young Brazilians in die tiende posisie op die NPL-punteleer met 29 punte inskuif terwyl Julinho op agtste met 34 bly.
• Die NPL-organiseerders het intussen ook bekend gemaak dat die wedstryd wat komende Vrydagaand tussen Life Fighters en Unam op Otjiwarongo gespeel sou word, vanweë omstandighede buite hul beheer uitgestel moes word om nou op Woensdagaand 22 Mei om seweuur af te skop. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie