Tifoon tref Macao en Hongkong
China
Minstens agt mense is dood en baie word nog vermis nadat een van die sterkste tifone nóg alles in sy pad weggevee het op Macao, die voormalige Portugese kolonie, in die suide van China.
Krag- en watervoorsiening in groot dele van die gebied bestaan nie meer nie.
Macao se staatsuitsaaier, TDM, sê tifoon Hato, 'n maksimum- kategorie-10 storm, is die sterkste op rekord in dié stad sedert 1968.
“Dit lyk of die stad pas deur 'n oorlog is,” het 'n amptenaar Donderdag gesê.
Hongkong het Woensdag onder Hato deurgeloop. Bome is ontwortel, strate het in riviere verander en honderde vlugte is gekanselleer. Volgens berigte is 34 mense beseer.
Wind van oor die 200 km/h is aangeteken wat groot glasdeure uit hul kosyne geruk het en glas die lug in laat skiet het. Nicola Schultz berig uit Hongkong verskeie huise in Mui Wo by Silvermine-strand op Lantau eiland se onderste verdiepings het tydens die tifoon oorstroom. Groot bome is ook op die eiland ontwortel toe stormsterk winde die eiland getref het. – Netwerk24/Eie berig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie