Tienerswangerskappe neem toe
Henriette Lamprecht -
''n Spesiale dialoog wat op tienerswangerskappe gefokus het, is onder meer deur die Verenigde Nasies se Fonds vir Bevolkingsontwikkeling; die presidentsvrou, me. Monica Geingos; die ministerie van sport, jeug en nasionale diens asook leerlinge bygewoon.
Die doel was om bewusmaking te skep en met voorstelle te kom wat beleidsrigtings kan vorm om die lewens van jong mense positief te beïnvloed.
Sowat 19% van jong Namibiese vroue tussen die ouderdomme van 15 en 19 jaar het reeds ''n tienerswangerskap gehad. Dit is ''n toename van 4% sedert die laaste Demografiese Gesondheidsopname in 2006, met sommige streke in die land wat ''n toename van tot 36% aangeteken het.
Volgens ''n opname in 2013 is tieners in landelike gebiede (20%) en wat net onderrig tot op primêre vlak het (26%), meer geneig om in hul tienerjare swanger te raak as dié van tieners in stede (16%) en wat verdere onderrig voltooi het (17%).
Die streke wat die hoogste voorkoms van tienerswangerskappe het, is die Kunenestreek (39%), gevolg deur onderskeidelik die Omaheke- (38%) en Kavangostreek (34%).
“Die ''ongemaklike'' gesprekke moet gehoor word en ons moet gewillig wees om oor kwessies soos swangerskap, seksualiteit en MIV/vigs te praat met die doel om jongmense van inligting te voorsien, voordat hulle hul in moeilike omstandighede bevind,” het die presidentvrou, me. Monica Geingos gesê. Sy het ouers gemaan om nie te veel van hul verantwoordelikhede ten opsigte van hul tieners aan onderwysers oor te dra nie.
“Terwyl strukture ingestel word om die jeug te ondersteun, lê die verantwoordelikheid by hulle om die regte besluite te neem,” het Geingos gesê.
Me. Emma Theophilus, visevoorsitter van die kinderparlement, het op haar beurt vir ''n eerlike gesprek tussen ma''s en hul tienerdogters gevra. “Dit is ''n tweerigtingstraat waarin beide tieners en hul ouers verantwoordelikheid moet deel. Dit begin by jou eie gewete, jy moet besluit wat jy wil hê en nie toelaat dat jou vriende vir jou besluit wat jy wil en nie wil hê nie. Dit is ons lewe, dit moet by ons begin.”
Volgens die spesiale raadgewer vir die ministerie van armoedeverligting en maatskaplike welsyn moet elke swangerskap welkom wees.
“Om geboorte te skenk, is om ''n lewe te gee, maar julle as tieners is nie gereed daarvoor nie. As tieners is julle baie weerloos, wees dus trots op julself.”
Die voorsitter van die Nasionale Vergadering, me. Margaret Mensah-Williams, het op haar beurt beklemtoon daar moet na tieners geluister word. “As ''n gemeenskap veroordeel ons te maklik. Dit is tyd om met ons kinders te praat.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie