Tienerswangerskappe: mans dra baie blaam

Die pandemie en die gepaardgaande inperking het meer ruimte geskep vir verhoogde swangerskappe onder skoolmeisies.
Yandi Du Plessis
Jana-Mari Smith



Altesaam 3 683 swangerskappe onder leerlinge is by die mini­sterie van onderwys, kuns en kultuur aangemeld nadat die skole weer in Augustus 2020 heropen het ná die inperking.

Boonop het 2 348 meisies in 2020 die skool weens swangerskap verlaat.

Die ministerie het hierdie syfers Donderdag op die laaste dag van die parlement se openbare gespreksessies oor aborsie bekend gemaak.

Me. Ayesha Wentworth van die ministerie het gewaarsku swangerskappe onder leerlinge is dikwels die gevolg van ekonomiese en maatskaplike oorlewingstrategieë, en dat ouer mans daarvoor verantwoordelik is.

“Ons kinders het nie seks vir plesier nie. Dis meer uit noodsaaklikheid – hulle het seks as transaksies om vir kos en ander basiese benodigdhede te betaal,” het sy gesê.

Sy het benadruk die meerderheid van die skuldiges is nie skoolseuns nie. “Dis nog 'n uitdaging. Dis volwassenes wat hierdie jong meisies swanger maak.”

Volgens Wentworth toon die data dat meisies op so jonk as 11 jaar seks het.

Sy het gesê ondanks die feit dat dit verpligtend is om swangerskappe onder leerlinge aan te meld, is baie skole huiwerig om betrokke te raak by die ingewikkelde regs- en administratiewe aspekte van statutêre verkragtingsake, wat die ministerie verhinder om die nodige stappe teen die mans te neem.

In sommige gevalle, het sy benadruk, bereik die gesin van die meisie en die manlike oortreder finansiële ooreenkomste om die gesin te ondersteun – nóg 'n hindernis vir die aanmelding van swangerskappe onder jong meisies.



COVID-19

Die pandemie en die gepaardgaande inperking het boonop meer ruimte geskep vir verhoogde swangerskappe onder skoolmeisies.

“Daar was 'n toename in geslagsgebaseerde geweld en mishandeling tydens die inperking; die inperking het ook bygedra tot die toename in swanger­skappe onder leerlinge.”

Sy sê die inperking het boonop toe­gang tot voorbehoedmiddels beperk en gesinne het finansiële uitdagings ondervind weens verlaagde salarisse en werksverliese.

Wentworth het benadruk skole meld dikwels nie gevalle soos dié aan nie, en dat hierdie syfers moontlik kan styg.

Sy het gesê hoewel meisies hul babas by die skool kan borsvoed, kan hulle nie ná die geboorte terugkeer om saam met hul babas in die koshuis te woon nie.

“Een van die groot probleme van nié terugkeer nie, is die koste van kindersorg – as hulle niemand het om vir die kind te sorg nie, moet hulle tuis bly. Daar is dus talle maatskaplike kwessies.”



SYFERS

In Omusati is 562 swangerskappe ná die inperking aangemeld – die hoogste syfer van enige streek.

Hierbenewens het 294 tienermeisies in dié streek verlede jaar die skool weens swangerskappe verlaat.

Die Zambezistreek het 514 swanger­skappe onder hul leerlinge ná die inperking aangemeld, en 124 moes die skool verlaat.

In die Kavango-Wesstreek is 522 swangerskappe onder leerlinge aangemeld, en 520 in Kavango-Oos.

Die streke het vermeld dat 241 (Kavango-Wes) en 369 (Kavango-Oos) meisies die skool weens swangerskappe moes verlaat.

Ná die inperking was 433 leerlinge in die Ohangwenastreek swanger, en 294 meisies moes die skool verlaat.

Met slegs 19 is die ||Kharasstreek se syfer die laagste.



'WET MOET BLY'

Die Raad van Kerke in Namibië (CCN) het gesê hoewel onwettige en onveilige aborsies 'n werklikheid is, moet die huidige wet onveranderd bly.

Die waarnemende sekretaris-generaal, mnr. Ludwig Beukes, het gesê die kerk “ontken nie die noodsaaklikheid daarvan om ingrypings te versterk om sodoende die hoofoorsake van die maatskaplike en ekonomiese probleme te takel wat tieners en vroue dwing om hul lewens en die lewens van hul ongebore babas aan die opsie van aborsie te onderwerp nie.”

Hy het bygevoeg die kerk “stigmatiseer en veroordeel nie diegene wat dié misdade pleeg nie”.

Hy en sy mede-aanbieders, mee. Ainna Kaunda en Shirley Magazi, het egter aangevoer die wettiging van veilige aborsies “is nie die oplossing vir ongewenste babas nie, en ook nie die antwoord op vroueregte nie”.

Hy het gesê die kerk erken dat hy meer kan doen om die hoofoorsake van babas wat weggegooi word en aborsies te takel, en geld moet aangewend word vir die verbetering van voorkomende programme wat gerig is op gesinsbeplanning en toegang tot gesondheidsorgdienste.

Kaunda het argumente verwerp dat die huidige beperkende aborsiewet 'n wet uit die apartheidsera is wat verouderd geraak het.

“Dis 'n geldige wet. Dit maak nie saak wanneer dit bekragtig is nie,” het sy gesê.

Sy het verder aangevoer “wette is 'n uitdrukking van die waardes, die sedes en die oortuigings van die mense”.

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.74 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.74 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 408.05/OZ UP +1.27% | Copper US$ 5.01/lb UP +3.46% | Zinc US$ 3 038.50/T UP 2.03% | Brent Crude Oil US$ 84.00/BBP UP +0.27% | Platinum US$ 1 076.13/OZ UP +1.37% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.74 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.74 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 408.05/OZ UP +1.27% | Copper US$ 5.01/lb UP +3.46% | Zinc US$ 3 038.50/T UP 2.03% | Brent Crude Oil US$ 84.00/BBP UP +0.27% | Platinum US$ 1 076.13/OZ UP +1.37%