Tienersensasies sorg vir ontploffings in Lusaka
Christine Mboma het 'n nuwe 400-wêreldrekord op o.18- en o.20-vlak opgestel.
Tielman van Lill – Beatrice Masilingi (17) en Christine Mboma (17) het Saterdag en gister tydens die All Comers-byeenkoms by die Nasionale Helde-stadion in Lusaka, Zambië met toptye in die 200 en 400 m-naellope hulself as die junior wêreldleiers onderskei.
In die 400 m-finaal gister het beide Masilingi en Mboma vir die res van die wêreld die hakskene gewys.
Mboma, die wenner in 49.24 sekondes, en Masilingi tweede in 49.53, het los onder Asimenye Simwaka van Malawi (derde in 52.29 s) uitgeseil.
Sodra Mboma se tyd deur Wêreldatletiek erken word, sal dit 'n nuwe junior (o.18) en o.20-wêreldrekord vir die 17-jarige Namibiër wees.
Haar 49.24 oortref die omstrede Oos-Duitser Grit Breuer se 49.42 wat 'n leeftyd sedert 27 Augustus 1991 in Tokio, Japan bly staan het.
Beide Masilingi en Mboma het reeds in die 400 meter vir die 2021 Tokio Olimpiese Spele gekwalifiseer, maar met gister se wêreldklas tye het die 17-jariges van Grootfontein opnuut 'n dreigement aan die wêreld se vlieënde senior vroue gestuur.
Na dese is Mboma en Masilingi die nommer een en twee 400-hardlopers ter wêreld op o.18-, o.20- én senior vlak in hierdie kalenderjaar.
Die VSA se Shamier Little (2015 silwermedaljewenner by die wêreldkampioenskap) se nommer een posisie vir 2021 is daarmee heen wat sy op 4 April met 49.91 behaal het.
KORTER NAELLOPE
Masilingi het ook in die 200 gekook waar sy tweede in 22.79 geëindig het. Rodah Njobvu van Zambië was eerste in 22.69, terwyl haar landgenoot Katundu Lumeka derde in 23.19 was. Die wind in die pylvak het teen 0.2 meter per sekonde van voor gedruk.
Masilingi se 22.79 is 'n skrale 0.61 sekondes agter die sesmalige Olimpiese kampioen Allyson Felix van die VSA se o.20-wêreldrekord van 22.18 wat sy op 25 Augustus 2004 met 'n 0.8 m/s wind van agter in die pylvak behaal het.
Felix was 19 toe sy in Athene, Griekeland dié rekord agter haar naam gevestig het, wat reeds vir 17 jaar onverstoord staan.
Tamari Davis (18) van die VSA is tans die nommer een junior vanjaar, met 22.64 vir die 200 wat sy op 19 Maart in Amerika ingeklok het.
Saterdag in dieselfde 200-wedloop was Ané Rautenbach (Namibië) vyfde in 24.27, terwyl Ernst Narib sy uitdun in die 100 met 10.90 sekondes gewen het. Narib het met sy persoonlike beste tyd in die 200 (20.62) ook gewys hoe goed hy tans op dreef is.
Mboma het ook die 800 meter in 2 minute 03.27 sekondes gewen, wat ses sekondes vinniger is as die tyd waarmee sy Desembermaand in Pretoria vir die o.20 wêreldkampioenskap in Nairobi gekwalifiseer het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie