Tieners se eerste medaljes in Europa wink
Tieners se eerste medaljes in Europa wink

Tieners se eerste medaljes in Europa wink

Atletiek
Andrew Poolman
Namibiërs sal vanaand die eerste Europese kompetisie in die loopbaan van sy hoogs belowende tienerjarige naellopers Beatrice Masilingi en Christine Mboma regstreeks kan beleef.

Die twee 18-jariges wat beide reeds vir vanjaar se Olimpiese Spele gekwalifiseer het, neem in Praag, hoofstad van die Tsjeggiese Republiek, aan die Josefa Odlozila-gedenkbyeenkoms deel, wat op Wêreldatletiek se kontinentale toer erken word.

Masilingi en Mboma, wat by uitstek in die 400 meter uitmuntend presteer, tree egter beide in die korter 200 meter aan – waar beide ook met van die voorste persoonlike beste tye in die wedloop sal spog.

Die Namibiërs sal die twee jongste atlete in die wedloop wees.

Vanaand se byeenkoms in Praag duur van 18:00 tot 20:00 en word regstreeks op SuperSport se kanale Maximo 1 en SuperSport Variety 3 gebeeldsend.

Die baanloting vir die vroue 200 meter, wat hul afrigter mnr. Henk Botha gister aan die media vrygestel het, is soos volg, met elkeen se persoonlike beste tyd aangedui:

Baan 1: Jusztina Csoti (Hongarye), 23, 93

Baan 2: Desiree Henry (Brittanje), 22.46

Baan 3: Barbora Splechtova (Tsjeggië), 23.74

Baan 4: Beatrice Masilingi (Namibië), 22.72

Baan 5: Christine Mboma (Namibië), 22.73

Baan 6: Gina Bass (Gambië), 22.58

Baan 7: Ashleigh Nelson (Brittanje), 22.85

Baan 8: Marcela Pirkova (Tsjeggië), 23.30

• Die vinnigste 200-tyd ter wêreld vanjaar is Shaunae Miller-Uibo van die Bahamas se 22.03 wat op 15 Mei in Texas opgestel is.

Kommentaar

Republikein 2025-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer