Tieners dra seges aan Namibiu00eb op
Tieners dra seges aan Namibiu00eb op

Tieners dra seges aan Namibië op

Andrew Poolman
Die sukses wat die tienerjarige Namibiese ­naellopers tydens hul eerste deelname in Europa bereik, is voorwaar 'n ligpunt. Voor hul afsonderlike resiese in Wêreldatletiek se kontinentale ­silwerreeks die afgelope naweek het Christine ­Mboma, ­Beatrice Masilingi en hul afrigter Henk Botha laat weet dat hulle hul deelname opdra aan alle Nami­biërs wat die afgelope tyd geliefdes verloor het. Mboma het Saterdagaand in Madrid haar 200-wedloop in 22.79 ­sekondes ­gewen, voordat Masilingi gister in die Poolse stad Chorzow haar 400-wedloop in 49.88 ­gewen het. Op die foto is Mboma in die Spaanse hoofstad saam met Gift Leotela van Suid-Afrika, wat die 100 meter manswedloop gewen het. • Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-09-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer