Tienermeisies se liggame in Oranjerivier gevind
Volgens een van die slagoffers se pa sal al vier in hul onderskeie nedersettings in die Noorde begrawe word.
Francoise Steynberg
Die name van die vier tienermeisies wat Sondagnamiddag in die Oranjerivier naby Aussenkehr verdrink het, is deur die Namibiese polisie bekend gemaak.
Die slagoffers is Mercy Vilma Ndakuliwa (17), wat by haar ouers op Aussenkehr gebly het, Lapange Ndahafa Shikongo (15) wat op Karasburg skoolgegaan het, Margareth Ndapandula Kapapu (13), 'n leerling aan die Laerskool Aussenkehr, en Lavinia Ndeuyanawa Nghilinganye (16), 'n graad 10-leerling aan die Hoërskool Ella du Plessis in Windhoek.
“Al vier die liggame van die meisies wat in die Oranjerivier verdrink het, het Maandag deur die loop van die dag uitgespoel,” het hoofinsp. Coleen Brandt van die Namibiese polisie in die ||Kharasstreek gister aan Republikein gesê.
Die meisies het Sondag omstreeks 17:18 verdrink.
“Die laaste liggaam is laat Maandagnamiddag gevind. Hul liggame het 'n entjie af in die rivier uitgespoel, waar hulle in 'n sterk stroom verdrink het,” het Brandt gesê.
Al die slagoffers se ouers is volgens haar plaaswerkers uit die Noorde op die plaas Aussenkehr.
VAKANSIE OP AUSSENKEHR
“Die vier meisies was vriendinne met die drie skoolmeisies wat vir hul vakansie op Aussenkehr gekuier het. Hulle het Sondag saam met hul families rivier toe gegaan,” het Brandt gesê.
“Een van die pa's het gesê hulle kan swem waar die rivier vlak is. Die kinders het vermoedelik 'n ent van die grootmense af na 'n dieper kant beweeg en alleen gaan swem.”
Brandt het gesê waar die meisies geswem het, is die riviervlak diep en vol riete.
“Nadat dit in Suid-Afrika gereën en die rivier afgekom het, is die rivier op sekere plekke sewe meter tot agt meter diep,” het die ondersoekbeampte, sers. Bronwin Appolus, gesê.
GEBROKE PA
Lavinia se pa, mnr. Abed Nghilinganye, het gister aan Republikein gesê die begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie, want die slagoffers se lykskouings moet eers afgehandel word.
“Daarna sal al die meisies by hul onderskeie nedersettings in die Noorde begrawe word,” het hy gesê.
“Ons was almal so opgewonde oor Lavinia se graad 10-uitslae, nou moet God ons deur hierdie moeilike tyd dra,” het die gebroke pa gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie